Hengelaars geniet Hardap-uitdaging

Andrew Poolman
Die Namibiese Kunsaashengelvereniging (NALAA) het onlangs sy eerste ligakompetisie vir die jaar aangebied.
Vanweë die erge droogte en lae watervlakke in die meeste damme en reservoirs, moes ’n paar vroeër beplande byeenkomste afgestel word. Eerder as in Februarie soos beplan, het die eerste byeenkoms vir 2016 dus eers twee naweke gelede geskied en is dit ook vanaf die Swakoppoortdam na die Hardapdam verskuif.
Die droogte plaas tans groot druk op varswaterhengel in die algemeen en terugslae het reeds verskeie fasette van die sport getref. Onvoorsiene omstandighede het dus groot aanpassings genoodsaak om die sport aan die gang te hou.
Die NALAA het sy waardering uitgespreek vir al die deelnemers wat verder as gewoonlik moes reis om by die Hardapdam mee te ding. Hengelaars het van so ver as die Zambezi-, Otjozondjupa-, Erongo- en Kavangostreke byeengekom.
Die Hardapdam was vir meer as tien jaar nie as ’n amptelike kompetisievenue vir kunsaashengel gebruik nie en hengelaars was dus opgewonde oor hierdie geleentheid.
Hoewel die toestande gedurende die oggend nie maklik was nie, het die meeste deelnemers daarin geslaag om voor die einde van die dag minstens een of twee verskillende spesies uit die water te haal.
Die kompetisie is gewen deur C.P. Bothma, met Jaco Visser tweede en Devin Klein derde.
Enigiemand wat meer oor kunsaashengel te wete wil kom, kan NALAA se president, Rene Graf, by 085 261 5825 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A