Hengel uit kajak groei
Mnr. Koos Calitz, 'n onderwyser van Swakopmund, skryf: “Soos oraloor die wêreld, beleef kajakhengel tans ook sterk groei in Namibië en 'n Whatsapp-groep wat verlede jaar gestig is, het reeds meer as 70 lede. Gedurende die afgelope vakansie het die ervare kajakkers met groot genot 'n paar kabeljoue van 20 kg en swaarder agter die breek van die branders uitgetrek. Die eerste kajakhengelkompetisie van sy soort is in Desember by die Windpomp-14 vakansieoord by Myl 14 aangebied. Nadat my seun terug is universiteit toe in Suid-Afrika, het ek op Saterdag 16 Januarie vir die eerste keer die see aangedurf in die geel kajak wat my seun self omgebou het. Groot was die opwinding toe hierdie 9 kg kabeljou my lyn vat! Hierdie sport byt die manne nou!”


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie