Hengel het reg op woede
Sedert Donderdag gons dit oor die verhoging van die prys van hengelpermitte in Namibië met meer as 10 000%.
Midde chaos is die verhogings reeds die naweek geïmplementeer.
Niemand betwis die belangrike rol van die marienehulpbronfonds om geld in te samel wat deur middel van navorsing en ander funksies tot die goeie bestuur en beskerming van bronne van die see kan bydra nie.
Die las wat egter nou ineens op hengel vir ontspanning, hengel as sport en toerisme geplaas word – sonder dat hierdie bedrywe blykbaar enige inspraak gehad het – kan meer negatiewe as positiewe gevolge hê.
Om almal te straf omdat sommige die viswaters plunder, is nie regverdig nie. Visinspekteurs se polisiëring is al vir baie jare gebrekkig en die strawwe verhogings kan onwettige hengel aanspoor.
Vrese dat dorpe soos Swakopmund en Hentiesbaai se ekonomie in duie kan stort, is oordrewe, maar die invloed kan noemenswaardig wees.
Bestaansvissers se algehele kwytskelding van die heffings is aanvegbaar. Selfs hulle kan ‘n bekostigbare, bykomende bydrae lewer.
Die rasionaal vir die versterking van die marienehulpbronfonds is op gesonde beginsels gebaseer. Kwotahouers en vistreilers moet ook bydra. Buitelandse vissersbote sal meer betaal.
Die impak op hengel en toerisme moes egter versigtig en met groter redelikheid oorweeg word.
Ewe belangrik is dat die tydige, elektroniese publisering van, en groter toeganklikheid tot die Staatskoerant noodsaaklik is. Al te veel word belangrike aankondigings versluier en op die laaste nipper deurgedruk.
So sê ander
21 Julie 2017
Onder Zuma sal afdreig-kultuur bly voortbestaan
Terwyl ál meer stemme, nou ook vanuit die geledere van dienende LP’s, teen die korrupte bewind van pres. Jacob Zuma begin opgaan, neem ’n vreesbewind en ’n kultuur van intimidasie toe om enige teenstand teen die plundering van staatsbates hok te slaan.
Verskeie individue wat dit gewaag het om in die pad te staan van die kaping van die land se hulpbronne, ervaar intimidasie en afdreiging terwyl sommige geskors of onder soveel druk geplaas word dat hulle bedank.
Dan praat ons nog nie van die talle moorde op munisipale raadslede, onder meer in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en veral in KwaZulu-Natal nie. Die klaarblyklike motief is om vingers op munisipaliteite se geldlaai te kry.
Die president is ongelukkig die voorbok, meen Pravin Gordhan en Mcebisi Jonas. Solank as hy sy amp beklee, sal die kultuur van afdreiging en intimidasie bly voortbestaan.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie