Hemelbesem was u2019n gevaarlike teenstander
Hemelbesem was u2019n gevaarlike teenstander

Hemelbesem was ’n gevaarlike teenstander

[email protected]
Andrew Poolman
Op 2,03 meter lank was hy van nature ’n imponerende figuur. Ses voet agt. Met sy atletiese boulaksie was Curtly Ambrose ’n verskrikking vir die beste internasionale kolwers van sy era, wat van 1988 tot met sy uittrede in 2000 gestrek het.

Ambrose, een van Wes-Indië se heel beste snelboulers van alle tye, het Maandag sy 57ste verjaardag gevier.

Kort video’s wat van die vele hoogtepunte van sy loopbaan uitlig, is vandeesweek opnuut op sosiale media gedeel en geniet.

Die voormalige Engelse kaptein en aanvangskolwer Michael Atherton het sy doeltreffendheid soos volg vasgevang: “Op sy beste was daar geen twyfel dat Ambrose die lyn oorgesteek het wat ’n ware grote van die baie goeie speler onderskei nie.

“Snelboulers van gehalte benodig minstens twee uit drie dinge – spoed, akkuraatheid en die vermoë om die bal sywaarts te laat beweeg. Ambrose het oor al drie hierdie vermoëns beskik.”

Atherton praat inderdaad nogal as ’n ekspert, want Ambrose se 405 paaltjies in 98 toetse het juis sy paaltjie 17 keer ingesluit – meer as enige ander kolwer. Net in die 1998-reeks in Wes-Indië het Ambrose hom byvoorbeeld ses keer uitgehaal.

Die boorling van Antigua se uitsonderlike lang lyf het hom in staat gestel om met sy blitsballe ’n wip te genereer wat vir kolwers uiterse ongemak veroorsaak het.

Dit was nogal iets om te aanskou hoedat hy van ’n hoogte van meer as drie meter sy missiele van 140 km/h met groot akkuraatheid afgestuur het. Hy was ewe veel in staat om topkolwers met ’n onspeelbare streepbal op die tone te laat vou, as wat hulle S-vormige ontwykende aksie teen ’n kartets op kennebak-hoogte moes trotseer om ernstige liggaamlike bewering vry te spring.

Waarskynlik sy mees spesiale vaardigheid was egter om met iets spesiaals vorendag te kom wanneer die Karibiese nasietrots op die spel was. Juis dan het hy dit sy werk gemaak om die opponerende kolflys se figuurlike kop af te kap en sommer ook die binnegoed uit die middelorde te haal.

Vir Allan Border se Australiese toetsspan van 1993 het hy op die Waca in Perth met die nuwe bal een van die mees vernietigende boulskofte ooit gelewer, deur binne net 32 balle hul eerste sewe kolwers uit te haal ten koste van net een lopie.

Die volgende seisoen (1993-1994) het hy in Trinidad die Engelse span met 6/24 uitgewis toe die ganse toerspan vir ’n skamele 46 lopies uitgeboul is.

Met Suid-Afrika se terugkeer na internasionale krieket in 1992 het Kepler Wessels en sy manne hulle ook in die enigste toets lelik vasgeloop. Op die laaste oggend het Suid-Afrika net nog 79 lopies kortgekom, met agt paaltjies staande en die gesoute Wessels en Peter Kirsten goed ingeburger. Maar Ambrose (6/34) en Courtney Walsh (4/31) het die oorhand gekry en ’n oorwinning met ’n allemintige 52 lopies beklink.

Anders as die “Australiese manier” om met ’n skerpsinnige slegsêery kolwers se denkpatroon en konsentrasie te probeer ontwrig, was Ambrose ’n man van min woorde op en van die veld.

“Curtly talk to no man,” was die veelbekende kortaf antwoord waarmee hy met daai swaar Karibiese aksent mediaversoeke vir onderhoude kortgeknip het. Maar sy dade het vanself gespreek.

Elf jaar ná sy uittrede is hy in die Internasionale Krieketraad se eresaal ingesluit, wat net 93 mans- en nege vrouespelers insluit. Sy geboorteland het hom ook al jare gelede vereer om as Sir Curtly Ambrose aangespreek te word.

In sy uittrede vang hy vis en is hy ook bekend as baskitaarspeler in ’n reggae-orkes genaamd Spirited. En die afgekoelde “outoppie” het geen besware om met die media of enigiemand anders te gesels nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 374.80/OZ DOWN -0.0072 | Copper US$ 4.81/lb DOWN -0.018 | Zinc US$ 2 958.00/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 84.07/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 1 050.03/OZ DOWN -0.0185 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 374.80/OZ DOWN -0.0072 | Copper US$ 4.81/lb DOWN -0.018 | Zinc US$ 2 958.00/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 84.07/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 1 050.03/OZ DOWN -0.0185