Helikopter val tusen Windhoek en Heja Lodge
‘n Helikopter het omstreeks 11:00 tussen Windhoek en Heja Lodge geval.
Kapt. Oskar Plichta, ongelukondersoekbeampte van die departement vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, het pas die ongeluk bevestig en gesê hy is per helikopter op pad na die ongelukstoneel.
Hy het bevestig die vlieënier is ernstig beseer.
Na wat verneem word, was die vlieënier en sy drie kinders aan boord van dié helikopter in private besit.
Die helikopterkoördinate wat van die vlieënier ontvang is, dui aan dit het noordwes van Heja Lodge neergestort.
'n Helikopter van die Namibiese polisie sirkel tans in die gebied, maar het volgens inligting nog nie die wrak gevind nie.
Meer inligting volg later.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie