Helikopter val in New York
Vyf mense is dood nadat ’n helikopter Sondag in die Eastrivier in New York neergestort het, berig die BBC.
Daar is aanvanklik twee dood, maar drie passasiers wat in ’n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem is nadat duikers hulle gered het, is intussen ook dood.
Die New York-brandweer sê die vlieënier kon homself bevry.
Die ongeluk het omstreeks 19:00 naby Roosevelt-eiland gebeur.
Die ses mense in die helikopter was by ’n fotografieprojek betrokke.
Volgens CNN het Daniel Nigro, brandweerkommissaris, gesê die reddingsoperasie is bemoeilik omdat die passasiers met harnasse vasgemaak was. Die mense moes losgesny word.
Die New York Times berig dat ooggetuies meen die helikopter het te vinnig gevlieg en te vinnig gedaal.
Die helikopter het op ’n gewilde roete gevlieg vir toeriste wat Manhattan se wolkekrabbers wil bewonder.
Die ooggetuies het gesien hoe die helikopter in die yskoue water beland.
Die lemme het deur die water gekloof en tot stilstand gekom, terwyl die helikopter in die water begin sink het.
Oomblikke later het die vlieënier ontsnap, op die wrak geklim en om hulp geroep.
Etlike bote het nader gekom, en die soektog na die oorlewendes het begin.
Die reddingswerkers moes yskoue waterstrome trotseer. Noodbehandeling is op die toneel op die slagoffers toegepas. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie