Hele wêreld diep in die skuld
As jy dink jy is diep in die skuld – jy is nie alleen nie. Wêreldwye skuld het 'n rekord van $233 000 miljard gehaal.
Die Institute of International Finance (IIF) se wêreldwye skuldmonitor vir die derde kwartaal van 2017 is pas uitgereik. Dit monitor die skuld wat maatskappye aangaan.
Dis nou 'n rekord in verskeie lande: Kanada, Frankryk, Hongkong, Suid-Korea, Switserland en Turkye.
Die verhouding van skuld tot bruto binnelandse produk het egter vir die vierde agtereenvolgende kwartaal gedaal. Dit is nou 318%, 3 persentasiepunte laer as 'n jaar gelede. Dit word toegeskryf aan vinniger ekonomiese groei in baie lande.
Die IIF skryf in sy ontleding die groot berg skuld van sowel maatskappye as regerings sal sentrale banke dalk ontmoedig om rentekoerse te verhoog aangesien dit die terugbetaling van skuld duurder sal maak.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie