'Heksejag op Chinese'
'Heksejag op Chinese'

'Heksejag op Chinese'

Wêreldwildlewedag is Vrydag herdenk en groot bedrae is vir teenstropery ingesamel.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Oor kwessies van wildbeskerming was China nog altyd die teiken van aanvalle, met 74 negatiewe berigte die afgelope drie maande.

Dít is die mening van die saakgelastigde van die Chinese ambassade in Namibië, mnr. Li Nan, toe hy Vrydag tydens Wêreldwildlewedag-vieringe 'n tjek ten bedrae van N$200 000 aan die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, vir teenstropery oorhandig het.

“Dit is nie omkoopgeld nie,” het Li geskerts.

“Ek is bekommerd oor stygende sentimente teen die Chinese gemeen­skap in Namibië. Dit is werklik jammer dat sommige Chinese individue wildmisdaad gepleeg het, maar slegs agt Chinese is uit 231 verdagtes van wildmisdaad in 2016 in hegtenis geneem,” het Li gesê.

“Die meerderheid Chinese is onskuldige en ordentlike mense. Elke keer wat julle die skuld op 'n groep mense plaas, verrig dit indirekte skade aan die onskuldiges. Pasop vir die gevaarlike versoeking vir 'n heksejag op Chinese,” het die saakgelastigde gesê.

“Die paar Chinese vrot appels verteenwoordig nie die Chinese gemeenskap, ambassade, volk en regering nie. Die meerderheid Chinese inwoners in Namibië gehoorsaam die wette, skep werksgeleenthede, betaal belasting en maak vrywillige bydraes tot die plaaslike gemeen­skap,” het hy gesê.

Li het China se posisie oor wildmisdaad “hard en duidelik” bevestig: “China veroordeel alle wildmisdaad en het geen verdraagsaamheid teenoor hierdie misdadigers en wets­oortreders nie, of hulle Chinese burgers is of nie, of dit verwant is aan wildmisdaad of enige ander misdrywe.”

Die Chinese saakgelastigde sê China sal nie beskerming aan Chinese oortreders gee as hulle volgens die wet geoordeel word nie. China ondersteun ook die Namibiese regering om die wet te verander om strenger strawwe aan wildstropers en smokkelaars van wildprodukte op te lê.

Shifeta het weer sy skok oor die onlangse ongekende vlakke van stropery van ikoniese spesies in Namibië uitgespreek.

"Die styging van stropery in Afrika word gedryf deur georganiseerde misdaadsinkdikate wat betrokke is by die smokkel van wildprodukte wat baie ingewikkelde netwerke gebruik om onwettige buitelandse markte te voed," het hy gesê.

Die minister het gesê nege renosters is gestroop in 2013, 56 in 2014, 95 in 2015 en 59 in 2016, met twee renosters tot dusver vanjaar, waarvan een verlede jaar geskiet is en vanjaar aan sy beserings dood is. Wat olifantstropery betref, is 78 in 2014 gestroop, 49 in 2015, 101 in 2016 en een vanjaar.

Volgens Shifeta is 260 sake rakende renoster- en olifantstropery en die onwettige besit en uitvoer en renosterhorings en ivoor in 2016 gerapporteer met 222 verdagtes wat in hegtenis geneem is.



VERVOLGING

“Dieselfde kan egter nie van die vervolging gesê word nie. Baie sake is steeds hangend. Daarom het ek onlangs die natuurbewaringswetsontwerp in die parlement ter tafel gelê om boetes en strawwe vir die stropery van ons ikoniese spesies en die onwettige besit van renoster- en olifantprodukte drasties te verhoog.”

Hy meen sodra dié wetsontwerp en nog een oor smokkelary goedgekeur is, sal dit 'n duidelike en ondubbelsinnige boodskap uitstuur om hierdie “primitiewe en barbaarse dade” te stop.

“Dis gevaarlik vir ons personeellede, insluitende die polisie en weermag, om teen stropers te veg. Hierdie misdadigers is met outomatiese vuurwapens gewapen en het begin om ons personeel te dreig,” het Shifeta gesê.

“Genoeg is genoeg! Dit moet stop voor ons lewens verloor. Ek bring die hoogste hulde aan die personeel van alle organisaies wat hul eie veiligheid op die spel plaas. Hulle is ons helde.”

Dié helde is die 500 veiligheidslede van die weermag, die polisie, en natuurbewaarders wat in probleem­areas soos die Etosha en Bwabwata Nasionale Parke en die Kunenestreek ontplooi is.

“Ons erken dis 'n uitdagende taak om in hierdie uitgestrekte land ons wildlewe met regeringsbronne alleen te bewaar,” het Shifeta gesê. Die private sektor, diplomatieke lui, nie-regeringsorganisasies en belanghebbendes het hul sakke geskud en honderde duisende Namibiese dollar geskenk.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.32/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.32/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037