Heckmair: Verhoor hervat nu00e1 vertraging
Heckmair: Verhoor hervat nu00e1 vertraging

Heckmair: Verhoor hervat ná vertraging

Kristien Kruger
Kristien Kruger



Die Heckmair-moordverhoor wat geskeduleer was om Woensdag in die Windhoekse hoërhof voort te gaan, is weer eens vertraag, maar sal vandag hervat.

Die staatsaanklaer Antonia Verhoef het tydens Woensdag se vlugtige hofverrigtinge gesê haar getuie, me. Patricia Owoses, is siek en kan eers vandag getuig.

Die verhoor is Maandag ook onderbreek omdat die Amerikaner mnr. Marcus Thomas, een van die twee moordbeskuldigdes, se verteenwoordiger, me. Lilian Mbaeva, met siekverlof was.

Die saak was vir elke dag van hierdie week geskeduleer.

Verhoef het gesê sommige van die staatsgetuies is uitstedig en reëlings om hulle in Namibië te kry, is aan die gang.

Dié getuies sluit in die oorledene, mnr. André Heckmair, se goeie vriend mnr. Oliver Fortin, asook sy gewese meisie, me. Christine Bruhwiler.

Heckmair is in Januarie 2011 in 'n stil straatjie in Eros doodgeskiet.- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer