Hawelose man op plaas gevind
Francoise Steynberg - 'n Verhongerde, hawelose man in flenterklere is Woensdag op 'n plaas 120 km wes van Windhoek gevind.
Mnr. R.W. van Zyl het die man op sy plaas, Kwaggafontein, gevind waar hy water by 'n veepos gesoek het. Hy het hom toe na die Otjomuise-polisiekantoor gebring.
“Die man kan net Portugees praat en dit is moeilik om met hom te kommunikeer. Hy het 'n week lank in 'n hol krans gebly en het geen kos gehad nie,” vertel van Zyl.
“Hy is uitgehonger, dra verflenterde klere en het net twee baadjies en 'n Engelse Bybel by hom. Hy het geen identifikasie, komberse of kos by hom nie.”
Van Zyl skat die verlore man is in sy laat vyftigs of vroeë sestigs.
“Hy het gesê hy het te voet van Mosambiek af geloop. Hy het 'n Engelse Bybel, maar hoe verstaan hy dan nie Engels nie?” vra Van Zyl.
Verlede week het die man glo op 'n buurplaas vertel hy het van Tanzanië af geloop. Van Zyl vermoed die man het moontlik geestesprobleme.
Die Namibiese polisie het 'n mediaverklaring uitgereik om inligting oor die verlore man in te win of sy naasbestaandes te help opspoor. Hy word tans by die Otjomuise-polisiekantoor gehou en is in goeie gesondheid.
Enigiemand met inligting kan hoofinsp. Hamunyela by 061 209 3626 of 081 279 7247 kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie