Hashagen wil dissiplinu00eare proses vryspring
Hashagen wil dissiplinu00eare proses vryspring

Hashagen wil dissiplinêre proses vryspring

'n Vennoot van 'n vooraanstaande ouditeursfirma sê dit is besonder laat vir die regulerende owerheid om sy optrede tydens 'n hoëprofiel-ondersoek eers agt jaar later te ondersoek.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Hans Hashagen, 'n voormalige vennoot van die ouditeursfirma Ernst & Young (EY), het onlangs 'n aansoek by die hoërhof ingedien.

Hierin versoek hy dat die hof 'n besluit deur die raad van openbare rekenmeersters en ouditeure (Paab) ter syde stel om hom op ses klagtes dissiplinêr aan te kla.

Die klagtes teen hom spruit uit 'n ondersoek na beweerde wangedrag by die Toesighoudende Owerheid vir Namibiese Finansiële Instellings (Namfisa) in 2009 en sy bevinding dat 'n dissiplinêre proses teen die des­tydse uitvoerende hoof, mnr. Rainer Ritter, aanhangig gemaak moet word.

Hashagen, tans 'n raadgewer en risikoversekeringsleier by PricewaterhouseCoopers, het in sy verslag aangevoer dat Ritter buite sy mandaat opgetree het. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat Ritter en Namfisa se paaie geskei het ná 'n skikkingsooreenkoms bereik is.

Toe Ritter by Namfisa weg is, het hy volgehou dat verdere ondersoeke en optrede teen 'n aantal senior politici ingestel word wat na bewering geïmpliseer is in die vermiste nagenoeg N$660 miljoen van die regering se pensioenfonds (GIPF) deur mislukte lenings.

Ritter het toe ook beweer dat sommige Namfisa-werknemers by 'n toesmeerdery betrokke was tydens die GIPF-ondersoek.

Ná sy vertrek by Namfisa het Ritter 'n klagte teen Hashagen by Paab en die Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters van Namibië (Ican) ingedien.

In sy klagte beweer Ritter dat Hashagen kritieke inligting in sy verslag aan Namfisa verswyg het.

Ritter sê indien al die inligting voorsien is, sou daar geen gronde vir enige dissiplinêre optrede teen hom gewees het nie.

Paab het Hashagen op 17 Augustus 2016 laat weet dat hy voor 'n dissiplinêre komitee moet verskyn.

Hy is daarvan beskuldig dat hy strydig met verskeie bepalings van die Internasionale Federasie van Rekenmeesters se Etiese Kode vir Professionele Rekenmeesters (die Ifac-kode) opgetree het.

Hashagen het in sy funderende eedsverklaring in die hoërhof volgehou dat Paab se besluit onwettig is en ter syde gestel moet word.

Hy bevraagteken ook die “buitengewone en onverklaarbare vertraging” van byna agt jaar en sê Paab het die Ifac-kode wederregtelik gebruik om hom dissiplinêr aan te kla.



KLAGTES TEEN HASHAGEN

Paab se ses klagtes teen Hashagen hou verband met die beweerde betrokkenheid van Namfisa-personeel om die bedrog- en korrupsieondersoek na die GIPF-miljoene toe te smeer.

Klagtes 1 tot 5 verwys na Hashagen se beweerde versuim om aan sekere afdelings van die Ifac-kode te voldoen.

Dit wys ook op sy beweerde “gebrek aan ondervinding” om die verwydering van meeluistertoerusting by Namfisa te ondersoek, die ondoeltreffendheid van veiligheidskameras, die uitvee van lêers oor Namfisa se veiligheidstelsel, die aanstelling van die bestuurder belas met risiko- en wetlike dienste by Namfisa, en die aanstelling van Wayne Phillip as forensiese deskundige by Namfisa.

Klagte 6 het te make met Hashagen se beweerde versuim om 'n reeks dokumente by die finale EY-verslag in te sluit.

Hashagen voer aan dít is toe te skryf aan die feit dat die dokumente óf nie aan hom verskaf is nie óf dat dit buite die kontraktuele mandaat van die ondersoek geval het.

“Dit is duidelik dat Ritter nie tevrede is met die EY-verslag nie, want die klagtes gaan net oor sy subjektiewe kritiek, en oor wat volgens hom ingesluit moes word of nie,” sê Hashagen in sy beëdigde verklaring.

Hashagen sê voorts die ondersoek met betrekking tot klagtes 1 tot 5 is deur bekwame en gekwalifiseerde lede van die EY-ondersoekspan uitgevoer en waar spesiale vaardighede of kundigheid benodig is, is hulle deur eksterne diensverskaffers bygestaan.



VERDEDIGING

Mnr. Eben de Klerk, Ritter se regsverteenwoordiger, het bevestig hulle oorweeg dit om die hof te nader om te verseker dat sy regte as klaer beskerm word.

“Soveel as wat Hashagen die reg op 'n regverdige dissiplinêre verhoor het, het die klaer ook die reg dat sy klagtes en stawende getuienis deur 'n onafhanklike, bevoegde dissiplinêre komitee ondersoek word wat deur Paab aangestel word,” het De Klerk gesê.

Hy het bygevoeg: “As 'n gemeenskap maak ons staat op die vaardighede, hardwerkendheid en eerlikheid van ouditeure en daarom is dit uiters belangrik dat die regulering van ouditeure doeltreffend is - veral in 'n geval soos hierdie waar die beweerde skade nie net een mens nie, maar die hele finansiëledienstebedryf, elke lid van die GIPF en inderdaad die land in sy geheel, raak.”

Paab staan Hashagen se aansoek teen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.61/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 870.40/T UP 0.56% | Brent Crude Oil US$ 89.31/BBP UP +0.47% | Platinum US$ 913.63/OZ DOWN -0.0025 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.61/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 870.40/T UP 0.56% | Brent Crude Oil US$ 89.31/BBP UP +0.47% | Platinum US$ 913.63/OZ DOWN -0.0025