Hartstigting ondersteun gesonde harte

Veilige en bemagtigde gemeenskap

04 September 2019 | Gesondheid
Die Namibië Hartstigting (NHF) in Windhoek is Vrydag amptelik bekend gestel om bewustheid oor hartsiektes en verwante risiko’s te skep.

Die geleentheid is deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangala, kardioloë, dieetkundiges, nie-regeringsorganisasies, vanjaar se Mej. Namibië, Nadja Breytenbach, sowel as lede van die publiek bygewoon.

Die NHF is in Maart vanjaar in die lewe geroep om met die hulp van vrywilligers oraloor die land ‘n inklusiewe, veilige en bemagtigde gemeenskap te skep vir individue wat aan hartsiektes ly en beroertes gehad het.

Hartsiektes dra tot 30% van sterftes in die land by. Hoewel medici en verwante beroepslui, staats- en private hospitale, mediese fondse en die versekeringsbedryf ‘n wesenlike bydrae lewer om Namibiërs oor voorkomende en vroeë opsporingsmaatreëls oor hartsiektes in te lig, kan meer gedoen word.

Volgens die NHF is dit ‘n moeilike en soms alleenpad vir lyers wanneer hulle met die nagevolge van ‘n hartaanval of beroerte moet saamleef en wat gevoelens van hartseer, woede, angs, skuld, verwarring en stres kan insluit.

Die pad na herstel sluit daarom meer as gereelde oefening en gesonde eetgewoontes in; dit behels ook geestelike ondersteuning wat hartlyers in staat stel om weer holisties gesond te raak.

“Enigiemand kan met ‘n gesonde emosionele en fisiese leefstyl van ‘n hartaanval herstel,” sê die stigter van die NHF, mnr. Gerhard de Koe.

De Koe het sy persoonlike ervaring met hartchirurgie tydens die bekendstelling gedeel en gesê dit het hom met baie emosionele en fisieke behoeftes gelaat. Dit het hom genoop om op te staan en die stem te wees vir baie ander Namibiërs wat dieselfde ervaring gehad het.

“Met die ondersteuning en verskillende bydraes van rolspelers kan ons ‘n verskil maak,” het De Koe gesê.

Thinus Prinsloo, die Capricorn Group se uitvoerende hoof, het tydens dieselfde geleentheid gesê die groep is trots om deel van die beweging te wees wat ‘n positiewe invloed op die lewe van die betrokke pasiënte en hul families sal hê. Vir meer inligting kan De Koe by [email protected] of 081 306 0515 gekontak word. Inligting is ook op die NHF se webtuiste www.namheart.com beskikbaar.

Soortgelyk

 

‘Ek is bang ek raak weer siek’

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Drie weke nadat ‘n vrou van Walvisbaai positief vir Covid-19 getoets het, is sy steeds in isolasie op die hawedorp saam met...

Geingob gekap oor Fishrot-mediakonferensie

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood, sê Sondag se Swapo-nuuskonferensie oor die Fishrot-skandaal was teleurstellend.Volgens...

Living the spirit of service

7 ure gelede | Mense

JUSTICIA SHIPENA Xenophone van Wyk recently won N$30 000 for his efforts in Tsumeb’s informal settlement of Kuvukiland through the Bank Windhoek #JourneyingTogether social...

Weer vir 14 Julie 2020

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ryp word in plekke in die suidelike, sentrale en oostelike streke verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie koud...

Partylys: PDM gaan appelleer

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, het gistermiddag gesê die amptelike opposisie gaan appelleer teen ’n kieshofuitspraak.Kragtens...

Covid-gevalle mik vir 900

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in die land het binne 24 uur met 76 tot 861 gestyg. Uit die jongste 76 gevalle is...

Nuwe begin vir mense op straat

7 ure gelede | Maatskaplik

Henriette LamprechDit het begin as 'n opdrag van pres. Hage Geingob om in die lig van die Covid-19-pandemie straatgebaseerde persone in 'n veilige en skoon...

Mediese fondse: Almal moet dieselfde betaal

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Mediese fondse se afslag op premies van lede, die laai van premies en die onderskeiding in premies ten opsigte van individue, lede...

Erongo schools face tough times

7 ure gelede | Onderwys

LEANDREA LOUW WALVIS BAYWalvis Bay, Swakopmund and Arandis are the only three towns in the country where face-to-face classes are still on pause due...