Hartediefies haak af
Die unieke paar, me. Juanita van Vuuren (28) en mnr. Gert Muller (37), wat Namibiërs se harte met hul mooi liefdesverhaal gesteel het, het Saterdag in die NG kerk Academia in Windhoek afgehaak. Juanita, wat met downsindroom gebore is, en Gert, wat verstandelik gestrem is, het van geluk gestraal. Albei is oudleerlinge aan Dagbreek Skool. Die Mullers gaan op Gert se ouers se plaas in die Hochfeld-omgewing nesskop, waar hy met hoenders boer. Die twee het in September 2017 ontmoet toe hulle melkskommels by 'n kafee in die hoofstad gedrink het. Die koeël was sedertdien deur die kerk. Hul liefdesverhaal het Namibiërs van oraloor aangegryp en Wecke & Voigts het Republikein laat weet die winkel wil graag 'n trougeskenkbewys aan die geliefde paartjie skenk. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie