Harmony koop myn in Papoea-Nieu-Guinee
Harmony Gold het die helfte van ’n goudmyn in Papoea-Nieu-Guinee wat hy nog nie besit het nie, vir ’n nominale kontantbedrag van US$1 gekoop.
Harmony het Newcrest PNG 1, ’n filiaal van Newcrest Mining, gekoop. Dit bied hom ’n 100%-belang in die Hidden Valley-myn in Papoea-Nieu-Guinee.
Newcrest PNG 1 het ’n 50%-belang in die myn gehad. Harmony het reeds die ander 50% besit.
Die transaksie is onderhewig aan regulatoriese goedkeuring in Suid-Afrika.
“Die verkryging van Hidden Valley is in ooreenstemming met ons oorhoofse doel om ons jaarlikse produksieprofiel binne die volgende drie jaar tot 1,5 miljoen ons te verhoog,” sê Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony, in ’n verklaring.
“Ons glo die myn het die potensiaal om binne die volgende drie jaar ongeveer 180 000 ons per jaar te lewer teen ’n alles ingeslote koste van minder as US$950 per ons.”
Harmony koop ook Newcrest se 50%-belang in die eksplorasiegebiede langs die Hidden Valley-myn.
Die transaksie het einde Augustus in werking getree en gee Harmony volle verantwoordelikheid vir alle uitgawes wat verband hou met die Hidden Valley- gesamentlike onderneming en myn, insluitend die verpligtinge van die sluiting, rehabilitasie en remediëring.
Harmony en Newcrest bly gesamentlike ondernemingsvennote in die Wafi-Golpu-projek. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie