Hardapdam wag op fikses
Triathlon
Die 29ste Mariental Sakekamer driekamp word op Saterdag 19 November by die Hardapdam en omgewing gehou.
Die byeenkoms word later in die jaar as normaalweg aangebied, omrede die organiseerders eers wou wag dat die nasionale swemprogram afgehandel word. Die datum pas ook goed in as ''n losmaker vir die Nedbank Desert Dash en as ''n proeflopie vir die FNB-triathlon wat Desembermaand op Swakopmund plaasvind.
Atlete kan elektronies of per faks inskryf. Laatkommers kan die Vrydagaand by die NG kerksaal op Mariental inskryf wanneer die inligtingsvergadering en aandete gehou word. Inskrywingsvorms kan van die Facebook-blad Mariental Triathlon afgelaai word of per e-pos by [email protected] aangevra word.
Die byeenkoms sal weer in dieselfde formaat as vorige jare aangebied word. Die enigste verandering is dat die damwal nie vir verkeer gesluit sal word nie, maar ekstra beamptes en waarskuwingsborde sal sorg dat die atlete se veiligheid bevorder word. Daar sal vanjaar geen o.23-afdeling wees nie.
By die senior mans het Drikus Coetzee en Jean-Paul Burger ingeskryf wat beslis tot ''n interessante tweestryd sal lei. Beide het hulself al as mededingers van internasionale gehalte bewys.
Die volgende kategorieë is beskikbaar:
ITU afstand (1.5 km swem, 40 km fietsry, 10 km draf)
Individueel: Juniors 16-19 jaar; seniors 20-39; veterane 40-49; meesters 50-49; grootmeesters 60 en ouer.
Spanne: juniors 12-19 (swemmer mag 12 wees, maar fietsryer of drawwer moet ouer wees); seniors 20-39; veterane 40-49; meesters 50 en ouer; gemengde span (moet twee vroue en een man wees).
Beginner swemmers (500 m swem, 20 km fietsry, 5 km draf)
Individueel en spanne: Juniors 12-19 jaar; seniors 20-39; veterane 40-49; meesters 50-59. grootmeesters 60 jaar en ouer (net individueel).
Duathlon Ope (40 km fietsry, 10 km hardloop)
Individueel en spanne: juniors 16-19 jaar; seniors 20-39; veterane 40-49; meesters 50-59; grootmeesters 60 en ouer (net individueel).
Duathlon beginners (individueel en spanne)
5 tot 7 jaar: 50 m draf, 1 km fietsry, 50 m draf.
8 tot 11 jaar: 1.25 km draf, 5 km fietsry, 1.25 km draf.
12 tot 15 jaar: 2.5 km draf, 10 km fietsry, 2.5 km draf.
Die afstande is dieselfde (2.5 km draf, 20 km fietsry, 2.5 km draf) vir juniors (16-19), seniors (20-29), veterane (30-39), meesters (40-49) en grootmeesters (50 en ouer, net indidueel).
Vir mans en vroue wat net sosiaal wil fietsry, is daar 40 km vir seniors (16-39 jaar) en veterane (40 en ouer).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie