Hardapdam se sluise gister oopgetrek
Namibië se damme het ná die milde reënneerslae goeie invloei gehad.
Die Hardapdam se sluise is laat gisteroggend oopgetrek met 200 kubieke meter water per sekonde wat volgens NamWater uitgelaat is.
Gister om 09:00 het die vlak van die Hardapdam op 71,1% gestaan, teenoor Maandag se 68%.
Massas water was eergister op pad na die Hardapdam.
Volgens Mariental se munisipaliteit is die sluise só oopgetrek om eers die riete stroomaf plat te vee.
Ná die onlangse goeie reënneerslae landswyd het damme oraloor aansienlik invloei gekry.
Selfs die Nautedam wie se sluise verlede Maandag oopgetrek is toe dit 97% vol was, se vlak het verlede week weer tot 90,5% gestyg.
Volgens NamWater se dambulletin wat Maandag uitgereik is, is die Nautedam weer tot oorlopens vol op 104,5% van sy kapasiteit teenoor verlede jaar se 77,9% die ooreenstemmende tyd.
Die Goreangabdam bult ook op 102,1% van sy kapasiteit.
Ander damme wat goeie invloei gekry het, is die Daan Viljoendam wat 81,4% vol is teenoor verlede week se 17,9% en verlede jaar se 62,2% die ooreenstemmende tyd.
Oanobdam naby Rehoboth is nou 78% – dieselfde as verlede week – maar verlede jaar dieselfde tyd was die dam net 38,1% vol.
Von Bach het Maandag op 77,9% gestaan teenoor verlede week se 73.5% (en 39,5% ooreenstemmende tyd in 2020).
Die Swakoppoortdam naby Okahandja is nou 71,5% vol teenoor verlede week se 70,4%. Verlede seisoen was die dam net op 5,5%.
Die nuwe Neckartaldam wat ’n kapasiteit van 857 000 kubieke meter het, was Maandag 47,9% teenoor verlede week se 28,5%.
Die sentrale damme is nou altesaam 61,6% vol, teenoor verlede week se 56,7% en verlede jaar se kommerwekkende tyd toe hulle slegs 18,8% vol was.
Die Suide-damme het Maandag gesamentlik op 56,9% gestaan teenoor verlede week se 36,7% en ’n skrale 22,8% verlede jaar dié tyd.
Die weerkantoor het weer ’n weerwaak vir môre uitgereik met wydverspreide donderbuie wat in die streke van Otjozondjupa, Khomas, Hardap en Omaheke sal voortduur. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie