Hardap se mense smul nou aan Namibiese vis
Die hoop is dat vis Namibiërs se stapelvoedsel kan word.
Die Namibia Fish Consumption Promotion Trust (NFCPT) het onlangs ’n tydelike viswinkel op Mariental geopen. ’n Ten volle toegeruste winkel ter waarde van N$5 miljoen gaan vroeg volgende jaar gebou word. Die tydelike winkel is deur die minister van vissery en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, geopen.
“Nie so lank gelede nie was al die vis wat in ons waters gevang is, slegs deur mense oorsee geniet. Die regering het dit egter ’n prioriteit gemaak dat ons eie mense dit ook kan geniet,” het Esau tydens die opening gesê.
Esau meen ook dit is belangrik – en heeltemal moontlik – dat vis Namibiërs se stapelvoedsel kan word.
“Ek doen ’n beroep op elkeen om bekostigbare vis by hierdie winkel te koop sodat julle in staat sal wees om jul gesinne met ’n gesonder en proteïenryke dieet te voed,” het hy gesê.
Tydens die opening het die NFCPT ’n kok byderhand gehad wat gedemonstreer het hoe om vis skoon te maak en dit voor te berei.
Die NFCPT se doel is nie net om bekostigbare vis aan Namibiërs te lewer nie, maar ook om by te dra tot voedselsekuriteit, het die trust se voorsitter, me. Katrina Sikeni, gesê.
“Ek wil dit graag vir julle en die gemeenskap op die hart druk dat julle die winkel as julle eie moet beskou en die voordele daarvan geniet,” het Sikeni gesê. Sy het die gemeenskap gemaan om nie die winkel te vandaliseer nie, maar eerder om die gawe van Namibië se waters te geniet.
Verskeie vissoorte en ingemaakte produkte word daar teen billike pryse verkoop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie