Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag
Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter).
Die dam is nou 27,2% vol.
Die Von Bachdam het vanoggend die 89,4%-merk bereik en steeds ’n klein bietjie water ontvang, terwyl die Hardapdam steeds 39,7 m³ water per sekonde ontvang.
Swakoppoort is die dam wat tans water teen die vinnigste tempo ontvang (42,1 m³ per sekonde), terwyl dit oornag met meer as 8% gestyg het en intussen die 48,6%-merk bereik het.
Sedert Maandag het dié dam 8,672 mm³ water gekry.
Die Omatakodam kry ook tans water by teen 19,9 m³ per en is tans 37% vol.
Die Otjivero- en Oanobdam kry ook nog ’n klein bietjie water en is onderskeidelik 13,5% en 53% vol. Die Nautedam is 80,7% vol en ontvang nie tans water nie.
Intussen het die Namibiese weerkantoor ’n weerwaak vir swaar storms en hael vir môre uitgereik, saam met sterk winde op plekke in die Omusati-, Ohangwena-, Oshana-, Oshikoto-, Kavango- en Otjozondjupastreek.
Reënbuie asook donderbuie word op plekke oor die sentrale en suidelike kusgedeeltes verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie