Hardap-invloei droog op
Elvira Hattingh
Water vanuit die Visrivier het Woensdagmiddag wel die Hardapdam se drempel oorgesteek, maar kon nie die orige damwater bereik of aanvul nie.
'n Suiwelprodusent op die Hardapskema, mnr. Kokkie Adriaanse, het gister telefonies aan Republikein gesê die verste punt wat die water kon bereik, was so 2 km voor dit by die oorblywende water in die dam kon uitkom.
Hy meen dit is wel 'n goeie ding dat die pad nou nat is, wat beteken water van goeie opvolgreën kan die dam voorts makliker bereik.
Water het die Hardapdam die laaste keer op 22 Oktober 2018 binnegevloei.
Tóé het die Hardapdam 'n enorme 18,979 Mm³ (miljoen kubieke meter) water ingekry en van 35,4% vol na 41,9% vol op 29 Oktober 2018 gelig.
Dié Suidedam, met 'n kapasiteit van 294,593 Mm³ (miljoen kubieke meter), was volgens NamWater se dambulletin van die afgelope Maandag nog net 6,6% vol.
Sodra damvlakke die 4,5%-merk bereik, is dit nie meer moontlik om water vir besproeiing te verskaf nie.
Dit sal beteken alle besproeiingsaktiwiteite rondom die dam sal tot stilstand kom.
Die oorblywende water sal dan slegs as drinkwater vir Mariental dien.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie