Hard getrap ten bate van kanker
Tsumeb se fietsryklub het pas sy derde jaarlikse 24-uur fietsryaflos ten bate van die Kankervereniging gereël.
Te danke aan ’n skenking van N$20 000 deur Dundee Precious Metals, kon vinnige fietsers altesame N$44 000 vir die Kankervereniging insamel. Die geld sal gebruik word om mense wat aan die siekte ly, geldelik by te staan.
Vir die aflos is 11 fietse vir deelnemers beskikbaar gestel. Hulle moes voor die aflos registreer en daarmee saam ’n donasie maak. Daarna het elkeen vir ’n uur op ’n slag gery.
Bo en behalwe die aflos op Tsumeb, is daar gelyktydig soortgelyke geleenthede in Windhoek en op Swakopmund gehou.
“Om ’n skenking ten bate van kanker te maak, bring mee dat 'n mens net meer wil skenk, want die siekte raak almal op een of ander manier,” het mnr. Brighton Muzvidiwa van die Top Shop-werkswinkel van Dundee Precious Metals gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie