Hansa Bu00e4ckerei sluit sy deure
Hansa Bu00e4ckerei sluit sy deure

Hansa Bäckerei sluit sy deure

Erwin Leuschner
Erwin Leuschner – “Ons het alles probeer, maar op die ou einde moes ons die besluit neem om toe te maak. Ons is regtig baie jammer,” het mnr. Gerhard Pohl gesê.

Sy broer, mnr. Paul Pohl, het bygevoeg: “Dit is ’n baie emosionele aangeleentheid omdat ons hier grootgeword het.”

Die Pohl-broers was dekades saam aan die stuur van dié familiebesigheid. Die Hansa Bäckerei op Swakopmund sluit ná 43 jaar op 30 April sy deure. Die Przybylski Bäckerei maak ook dieselfde tyd sy deure toe.

Daar is talle redes vir die besluit om die besigheid te sluit, wat “al lank voor corona daar was.”

Die bakkery sukkel al vir etlike jare met ’n vaardigheidstekort, daar is veral probleme om ’n opvolger te vind.

“Die bakkerybedryf is harde werk. Om in die nag te werk en vroeg op te staan, is deel daarvan. Elke dag begin die werk om middernag en naweke is ook baie arbeidsintensief,” het Gerhard gesê.

“Daar is amper geen jongmense wat dié handewerk wil aanleer nie, omdat dit nie meer aantreklik is nie.”

Die bestanddele se pryse, energie- en produksiekoste het die afgelope paar jaar gestyg terwyl die aanvraag na die produkte verminder het.

Die Bäckerei het nog voor die Covid-19-pandemie op grootmaat vir hotelle gebak, maar weens die pandemie het dié produksie met amper 50% geval.

“Corona was nie die rede vir ons besluit nie, maar dit het daartoe bygedra,” het Gerhard gesê.

Die prysdruk van die supermarkte was ook deurslaggewend. Baie supermarkte het hul eie bakkery.

“Bakkerye ly al jare daaronder. Dit is 'n tendens wat selfs in Europa duidelik word,” het Gerhard gesê.

Intussen het baie hotelle al begin om brötchen en croissants self te bak. Daarbenewens is daar ook die invoer van goedkoop goedere uit die buiteland. Die broers probeer al etlike jare om die familiebesigheid te red, maar die opeenhoping van probleme het nou tot hul ondergang bygedra.

Die Hansa Bäckerei is nie net bekend vir hulle verskeidenheid van gebak nie, maar ook vir die kwaliteit van hul produkte.

South West Bakeries (SWB) met drie vennote het die Hansa Bäckerei in 1967 begin. Die Apollo-bakkery op Walvisbaai wat ook intussen gesluit is, was destyds deel daarvan. SWB het in 1969 die Przybylski Bäckerei oorgeneem en in die 70’s die Putensen Bäckerei (Café Treff). In 1978 is die Hansa Bäckerei begin en die produksie van al die bakkerye is daarnatoe verskuif.

In daardie jare is produkte vanuit die Hansa Bäckerei aan Rössing Uranium-myn, Uis en Brandberg Wes-myn gelewer. In die tagtigerjare het SWB sowat 140 werknemers in diens gehad. Die Apollo-bakkery moes in 1997 weens ekonomiese redes sluit en Café Treff in 2016. Daar is tans 20 werknemers waarvan die meeste al jare lank in die bedryf werksaam is.

“Ons is persoonlik baie jammer, want met die sluiting gaan baie spesialiskennis, tradisionele resepte, die verskeidenheid brode en koeke, handvaardighede, baie werkplekke, ‘n stukkie koskultuur en ‘n tradisie van Swakopmund verlore”, het Gerhard gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%