Handige weer-databasis vir boere
Sasscal se aanlyn-databasis hou vanaf 2010 rekord van weerstoestande in Suider-Afrika en is vir boere beskikbaar.
Elvira Hattingh - As jy wonder of dit die afgelope uur op Waterberg, Wlotzkasbaken of Khorixas gereën het, hoe koud of warm dit op Claratal of wat in Windhoek aangaan, is kraakvars inligting net ‘n paar klieke ver.
Dit is danksy die Suider-Afrikaanse Wetenskaplike Dienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpassende Grondbestuur (Sasscal) se aanlyn-databasis waartoe internetgebruikers vrye toegang het.
Sedert Sasscal in 2010 gesamentlik deur Angola, Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Duitsland in reaksie op klimaatsverandering gestig is, het dit reeds 154 outomatiese weerstasies oral oor Suider-Afrika opgerig.
Die meeste van hierdie stasies (58 in totaal) is in Namibië opgerig, waar Sasscal se streeksekretariaat ook geleë is.
Intussen sal fase 2 van die Sasscal-program binnekort afskop, met die Duitse federale ministerie van opvoeding en navorsing (BMBF) wat onlangs aangekondig het dat hy tussen 2019 en 2022 altesaam €10 miljoen vir navorsing beskikbaar sal stel.
Die BMBF se prof. René Haak het Dinsdag 21 Mei tydens ‘n nuuskonferensie in Windhoek gesê terselfdertyd sal ‘n verdere €3 miljoen beskikbaar gestel word vir kapasiteitsontwikkeling. “Dit moet help om die doelwit te bereik dat Sasscal teen 2025 meer as 200 kundiges oor klimaatsverandering en verwante rigtings moet hê,” het Haak gesê.
Volgens Haak sal dié geld spesifiek gebruik word om nagraadse pogramme by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) aan te bied, waarvan die eerste ‘n program vir geïntegreerde waterbronbestuur sal wees.
OUTOMATIESE WEERSTASIES
Terwyl Sasscal voortdurend betrokke is met navorsing oor voedsel- en watersekuriteit, biodiversiteit, klimaatdienste en woude, is veral die Sasscal WeatherNet van belang vir die landboubedryf.
Dit hou in die meeste gevalle reeds sedert 2010 data, in werklike tyd, oor weerstoestande in Suider-Afrika.
Buiten vir die weerstasies in Namibië, is daar tans ook 48 hiervan in Angola, 20 in Botswana, 19 in Zambië en 12 in Suid-Afrika.
Hierdie stasies is toegerus om outomaties data oor reënneerslae, lug- en grondtemperature, humiditeit, windspoed en -rigting, lugdruk, sonstraling, blare se natheid en ander sensoriese data aan te teken.
Die stasies stuur die versamelde data uurliks met satelliet- of selfoonseine na ‘n rekenaarbediener, waar dit op ‘n aanlyn-databasis (www.sasscalweathernet.org) gelaai word en beskikbaar is vir enige een met toegang tot die internet.
Hierdie data kan in Excell-formaat afgelaai word of as grafieke bestudeer word, terwyl die databasis ook opsommings van weestoestande oor ure, dae of maande kan weergee. Intekenaars kan ook kies om daaglikse weerverslae te ontvang.
SASSCAL SE PRESTASIES
In 2017 het daar reeds 64 BSc-studente, 78 MSc-studente asook 51 PhD-studente gegradueer wat Sasscal-navorsingsprojekte as deel van hul studies onderneem het.
Sasscal het tot dusver ‘n navorsings- en kapasiteitsontwikkelingsportfolio wat 88 projekte befonds in tematiese gebiede soos landbou, biodiversiteit, klimaat, bosbou en water. Die wetenskaplike uitsette hiervan sluit ‘n 100 publikasies in, wat deur eweknieë evalueer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie