Hande was help hepatitis E voorkom
Om jou hande te was, is 'n belangrike en laekoste-ingryping in die stryd teen hepatitis E.
Hoewel daar 'n behoefte aan die voorsiening van sanitasiegeriewe en waterpype bestaan, kan eenvoudige ingrypings soos die bou en gebruik van 'n Tippy Tap 'n onmiddellike en laekoste-oplossing bied aan gebiede waar toegang tot water beperk is.
In die lig hiervan het die Amerikaanse ambassade hande gevat met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) om bewustheid te skep vir die eenvoudige gewoonte om jou hande gereeld te was.
Die ministerie en ambassade het onlangs 'n besoek aan die Oshana- en Omusatistreek gebring waar 10 gemeenskapsgebaseerde antiretrovirale (ARV)-klinieke geopen het.
Tydens die besoeke het die minister, dr. Bernard Haufiku, en die permanente sekretaris, mnr. Ben Nangombe, saam met die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson, gewys hoe maklik dit is om die Tippy Tap te gebruik.
“Die Amerikaanse ambassade in Namibië bly deur die Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) se kantoor in Namibië toegewy aan die MoHSS en sy vennote om die huidige hepatitis E-uitbreking te pak. Ons moedig die voortgesette pogings aan om die verspreiding van die virus hok te slaan. 'n Onmiddellike en praktiese reaksie wat ons hoop elkeen in sy daaglikse lewe kan help, is om goeie handewaspraktyke toe te pas,” het Johnson gesê.
Wêreldhandewasdag word jaarliks op 15 Oktober gevier en word gewy aan bewusmaking en begrip van die belangrikheid daarvan om jou hande met seep te was as 'n doeltreffende en bekostigbare manier om lewens te red en siektes te voorkom.
Die dag is 'n geleentheid om maniere te skep en toets om mense aan te moedige om hul hande gereeld te was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie