Hammundja toor met hout
Eers sien hy die prentjie in sy kop, dan maak hy enigiets van kroegstoele tot kombuiskaste.
Tanja Bause - “Ek kon nie werk kry nie en het besluit om vir myself te begin werk. Nou maak ek meubels uit hout en kan ek my kinders versorg,” vertel mnr. Hammundja Abraham (24).
Om hom staan die beddens, tafels, banke, boekrakke, kombuiskaste en kroegstoele wat hy sonder enige formele opleiding maak.
“Ek dink aan iets en hoe ek wil hê dit moet lyk. Dan ontwerp ek dit in my kop en maak dit. Ek gebruik my kop,” sê hy.
Abraham, wat in Engela gebore is, maak al die afgelope vyf jaar meubels in Katutura.
Aanvanklik het hy handgereedskap gebruik, maar soos die verkope en sy inkomste toegeneem het, het hy begin om elektriese toerusting aan te skaf.
Hy koop al sy hout by 'n hardewarewinkel.
Nog twee mans is saam met hom in die besigheid.
“Die onderneming se naam is Tugas. Aanvanklik was ons net twee mans. Nou is ons drie mans uit dieselfde familie,” vertel hy.
Abraham verstaan die konsep van “die kliënt is koning” goed.
Hy maak die meubels dikwels presies volgens hul spesifikasies.
“Ek kan 10 enkelbeddens op een dag klaarmaak, maar die mense kom koop net een op 'n slag. Ek het nie stoorgeriewe nie, dus het ek altyd net enkele goed wat klaargemaak is.”
Teen N$650 vir 'n handgemaakte enkelbed met 'n unieke kopstuk is Tugas se meubels 'n winskopie.
Abraham ontwerp self elke unieke kopstuk. Een van sy skeppings spog selfs met die Nike-handelsnaam en -simbool.
“My droom is om eendag 'n gebou te hê waar ek meubels kan maak en stoor, en waar my gereedskap en voorraad veilig bewaar kan word. Ek wil ook graag nóg mense in diens neem.”
Vir meer inligting oor Abraham en sy meubels, skakel hom by 081 395 6279.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie