Hallelujah Namibia is hier!

Môre breek die groot dag uiteindelik aan! Vegkop-stadion by Windhoek Hoërskool gaan vol gelowiges van heinde en verre in aanbidding en lofprysing wees.

Saam met bekende sangers en begaafde musikante soos Louis Brittz, Juanita du Plessis, Elvis Blue, Retief Burger, Louis Loock, Anders, Neville D en Rouchelle Liedmann gaan gejubel en gesing en aanbid word. Namibiese kunstenaars soos Ponti Dikuua en die Collective Singers, vir die eerste keer Clive Willemse van die NOW Generation, asook Maranatha sal daar wees.

Koop jou kaartjie vir hierdie groot geleentheid so gou moontlik. Daar is slegs 1 000 kaartjies in die Goue Sirkel beskikbaar teen N$250 vir volwassenes. Kinders en pensioenarisse kry 50% afslag. Bring net jou eie kampstoel vir die oop area, of jy kan op die pawiljoene sit teen N$150 per volwassene. Kinders en pensioenarisse kry hier ook 50% afslag. Daar sal stoele te huur wees teen N$20 ‘n stoel. Kaartjies is by Pick n Pay-kiosks of aanlyn by www.webtickets.com.na te koop.

Die hekke maak môre om 15:00 oop. Kom geniet heerlike kos en drinkgoed voor die groot geleentheid om 18:30 begin.

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer