Halleluja Namibië - 'n nasie bring lof
Halleluja Namibië is 'n gospelfees waar Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Retief Burger, Louis Brittz, Rouchelle Liedemann, KrisTell Combrink, Heinz Winckler, Joe Niemand, Adam Barnard en Andriette gaan optree.
Die fees vind hierdie jaar op 7 November 2015 by Trustco United se sportgronde in Windhoek plaas.
Saam met hierdie groep deel ons eie Namibiese kunstenaars Ponti Dikuua, D-Naff en Vmsix ook die verhoog met ’n 12-lid koor en sesman-orkes, en dit is ’n aand om nie te mis nie.
Musiek, stemme, verhoog en beligting van topgehalte sal jou op hierdie aand kan vermaak, en jy kan nie bekostig om dit mis te loop nie, want om hierdie aand as nasie saam te kom en net lof te bring aan die Vader vir als wat Hy binne ons gemaak het, kan jy as gelowige jou stem laat kom klink saam met manne en vroue van oor die land.
Halleluja Namibië word in die hart gedra van die manne van Camp David, Jacques van Vuuren en Henry Strauss, gelei om ’n nasie saam te bring, oud jonk, van alle denominasies, kleur en ras, met een doel voor oë - om eer te bring aan God die Almagtige. Hierdie aand van lofprysing en aanbidding word gereël sodat die mure tussen ons as mens afgebreek kan word, waar musiek ons nader aan mekaar kan bring en as die liggaam van Christus behoorlik te kan funksioneer.
Waarheen gaan die geld vir Halleluja Namibië?
“In 2014 het Halleluja Namibië gelyk gebreek op N$1,75 miljoen, en dit gaan nie om ’n groot wins te toon nie, maar eerder siele te bereik vir die koninkryk en om mense bloot te stel aan ’n vertoning van die beste gehalte met musiek uit die boonste rakke,” sê Jacques van Vuuren.
“Ons doel met Halleluja Namibië is om eendag genoeg geld bymekaar te maak sodat ons ’n “gap”-jaar, naamlik “School of David” vir jong manne kan begin en dit dan te kan onderhou. In die skool sal seuns dan die basiese beginsels van manwees kan leer, soos om onder meer ’n muurprop te vervang, inisiatief te kan neem in sekere situasies en met sy hande te werk. Deesdae se kinders word so maklik voor die televisie groot en sien nie die buitelewe en natuur nie. Dit bring ons terug by Camp David se leuse “Get back into nature, to meet God your creator”.
Henry vertel ook hoe hulle betrokke geraak het in die gemeenskap: "Hierdie jaar het ons ook ’n instansie gekies waar ons al die werkers eer vir hulle werk in die gemeenskap, waar hulle kinders op ’n Christelike manier in die skool opvoed, en net om vir hulle dankie te sê, bring ons hulle ook Halleluja Namibië toe.
Halleluja Namibië beloof ’n vertoning van restourasie en herstel en om jou na ’n dieper geestelike vlak te neem. Musiek het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring. Mag hierdie aand finaal grense breek tussen kleur, ras en denominasie en ons lof bring aan die Vader. Soos die leuse lui: ”Halleluja Namibië, ’n nasie bring lof!"
Kom vroegtydig, die hekke open al vanaf 15:00 en daar sal genoeg te ete wees. Kom koop ’n maaltyd by die braaivleiskraampie of drink ’n lekker koppie koffie en begin kuier saam met ’n gemeenskap van gelowiges, bou solank die gees en sit dan terug en geniet die vertoning wat God bymekaargesit het.
• Vir meer inligting kontak ons gerus by die kantoor by 061 300 650 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie