Halfmiljoen vir Adriaan se trust
Henriette Lamprecht - Meer as N$570 900 is ingesamel tydens ’n spesiale dinee wat ten bate van die Adriaan Engelbrecht-trust vir liefdadigheid gehou is. Adriaan is op 29 Desember 2014 dood, toe hy op sesjarige ouderdom tydens ’n Kersvakansie op Hentiesbaai deur ’n motor raakgery is.
Volgens Adriaan se pa, Frank, het die trust sy oorsprong op sy seun se eerste verjaardag in die hemel gehad.
“Marilize (Adriaan se ma) het die behoefte gehad om vir ’n kind, ’n seuntjie, ’n presentjie te gee. Dit is waar die saadjie geplant is vir ’n projek wat kinders kan help.”
Die trust is gevolglik ter gedagtenis aan Adriaan gestig. Die doel daarvan is om geldelike ondersteuning aan behoeftige kinders in private skole te bied. Sodoende kry dié kinders die geleentheid op goeie onderrig en die lê van die beste grondslag vir hul vormingsjare.
Die geleentheid was ten spyte van die seer, baie spesiaal, sê Marilize.
“Die hoogtepunte was mense se opregte omgee, hul oop harte wat hulle ruim laat bydra het en sodoende aan Adriaan eer betoon het. Buiten Adriaan wat die helderste ster van die aand was, was die kunstenaars, seremoniemeester, gaste wat daar was en almal wat bygedra het, sterre om die aand ’n sukses te maak.”
’n Deel van die spesiale dinee was ’n veiling en optrede van die bekroonde sanger Elvis Blue. Die voormalige krieketspeler, Fanie de Villiers, het as seremoniemeester opgetree, terwyl Alex McDonald van Namagri die veiling behartig het. Die duurste item op die veiling was ’n foto van ’n renoster wat vir N$42 000 van die hand gesit is. Gaste het tydens ’n gelukstrekking onder meer ’n prys ter waarde van N$35 000 gewen wat ’n naweek vir twee mense op Wolwedans en retoervlugte van Westair Charters ingesluit het. Die sjefs Annelize van der Merwe, Hantie Jansen en Sanet Prinsloo was vir die dinee se etes verantwoordelik.
Die trust se besonderhede vir enige bydraes is: Adriaan Engelbrecht Trust, Eerste Nasionale Bank, reknr. 622 5594 6257 (besigheidsrekening), takkode 281 479, Klein Windhoek.
Vir enige navrae kontak kan Marilize Engelbrecht (trustee) by 081 129 9543, Frank Engelbrecht (trustee) by 081 128 8415, adv. Charmaine van der Westhuizen (trustee en regsverteenwoordiger) by 061 306 214 en Ester Postma (boekhouer) by 081 256 6002 geskakel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie