Hage se lys ‘vervelig’

Jerry ‘simboliese keuse’

12 September 2019 | Politiek
Denver Kisting – Prof. Nico Horn sê pres. Hage Geingob se 10 kandidate om by Swapo in die Nasionale Vergadering (NV) aan te sluit, is vervelig.

Dié oudregsdosent en politieke ontleder het Dinsdag by navraag gesê: “Die lys is maar vervelig. Is daar niemand jonger as 60 wat in die politiek opgang maak nie?”

Horn wys daarop Geingob was in sy 40’s toe hy die eerste keer die land se eerste minister geword het.

Mensah-Williams ‘geen verrassing’

Volgens die kenner is dit geen verrassing dat Geingob vir me. Margaret Mensah-Williams op sy lys sou plekmaak nie.

Mnr. Graham Hopwood, ’n ontleder verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), het Sondag gesê hy vermoed Geingob sou sy ondersteuners red wat by die pot swak gevaar het.

Mensah-Williams is die Nasionale Raad (NR) se huidige voorsitter.

“Waarom sou sy haar pos as voorsitter van die NR opgee om as gewone lid van die NV te dien? Haar lae posisie op die lys het die president verplig om haar op sy lys te sit indien hy haar as minister wil aanstel,” sê Horn.

Hy benadruk ’n NR-LP kan nie as minister dien nie – net as adjunkminister.

“Die gerug is dat sy vir die gender-portefeulje geoormerk is.”

Me. Doreen Sioka is die huidige minister van gendergelykheid en kinderwelsyn. Sy het die 54ste posisie by die pot behaal.

Mensah-Williams het verlede naweek die 92ste plek behaal.

Met Geingob se hulp is sy nou in die 24ste posisie.

Die president het prof. Peter Katjavivi, die speaker, na die 23ste posisie opgeskuif van die 89ste plek wat hy by die pot behaal het.

Volgens Horn is dit ook geen verrassing nie. “Hy was ’n goeie speaker en was baie laag op die lys. Waarskynlik steeds die president se keuse as speaker.”

Jerry verras wél

Die ontleder sê hy het nie mnr. Jerry Ekandjo se insluiting op Geingob se lys sien kom nie.

Geingob het Ekandjo verlede jaar as minister van sport, jeug en nasionale diens in die pad gesteek.

Dít het gekom ná die rampspoedige Swapo-kongres in 2017 wat tot erge verdeeldheid in die party gelei het.

Ekandjo en me. Pendukeni Iivula-Ithana, oudminister van binnelandse sake en immigrasie, is lede van die sogenaamde Swapo-span met wie Geingob se Harambee-span by dié beraad die vloer vir die party se leierskapsposisies gevee het.

Ekandjo het kragtens die afgelope naweek se Swapo-kieskollege die 107de posisie beklee, terwyl Iivula-Ithana, wat nie deur Geingob gered is nie, die 113de plek behaal het.

Met Geingob se hulp is Ekandjo tans in die 31ste posisie vir die party se NV-lys.

Ondanks sy insluiting meen Horn nie Ekandjo gaan volgende jaar ná November 2019 se nasionale verkiesings weer as kabinetsminister naam maak nie.

“Dis meer ’n simboliese keuse. Ekandjo is een van die laaste oorlewende Robbeneiland-gevangenes.”

Syns insiens is dié oudminister se insluiting “meer ’n erkenning van die rol wat die oud-Robbeneiland-gevangenes gespeel het en die prys wat hulle vir Namibië se onafhanklikheid betaal het”.

Sommige se einde

Horn sê mnre. Erkki Nghimtina, die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werskepping, Piet van der Walt, die adjunkminister in die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) en Katrina Hanse-Himarwa se politieke dae is waarskynlik getel.

Hulle het baie lae posisies by die pot behaal.

Jeug yl gesaai

Die adjunkminister van staatsondernemings, mnr. Veikko Nekundi, is een van die min jeugleiers wat ons in die parlement sal sien, sê Horn.

Hopwood het vroeër gesê dit is kommerwekkend dat Hanse-Himarwa se naam enigsins op die lys verskyn.

“Die boodskap blyk te wees korrupsie word binne Swapo-geledere geduld,” sê hy.

Tobie Aupindi, Namibia Wildlife Resorts (NWR) se eertydse besturende direkteur, wat ook ’n skuldigbevinding aan korrupsie op sy kerfstok het, het die 29ste plek by die pot behaal.

Dit baan die weg vir hom vir ’n plek in die NV.

Soortgelyk

 

‘Geen Fishrot-pennie in Swapo-rekening’

5 ure gelede | Regering

Denver Kisting – “Hoekom moet ek dom wees om nadat ek ’n goeie, morele lewe gelei het en terwyl ek net ’n paar jaar oor...

Erongo in pekel oor ‘gebrekkige leierskap’

5 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai – Die gemeenskap het alle vertroue in die leierskap van die Erongostreek verloor oor hul hantering van die Covid-19-pandemie. Me. Anna...

Meer as 100 Covid-19-gevalle in twee dae

5 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Walvisbaai het op Saterdag en Sondag 110 nuwe gevalle van Covid-19-aangeteken en Swakopmund drie oor dieselfde tydperk. Die totale aantal gevalle vir...

Weer, Maandag 13 Julie 2020

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelike bewolkte en baie koue tot matige weer in die ||Kharas- en Hardapstreek, met enkele reën- en donderbuie in die verre Suide. Elders sal...

Namibiese lorriedrywer beseer in SA staking

5 ure gelede | Vervoer

Jemima Beukes – Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, sê Namibiese owerhede is bekommerd oor die staking van lorriebestuurders in Suid-Afrika waartydens...

Koue knou nie kinderpret

5 ure gelede | In beeld

“Dit was die naweek baie koud op die plaas Karium in die Khomas Hochland. Die bokke se kripwater het gevries. JP en Linn Lambert was...

Soeklig op Namandje in Fishrot-sage

5 ure gelede | Misdaad

Jemima Beukes – Die prokureur wat die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, en sy skoonseun Tamson “Fitty” Hatuikulipi verteenwoordig, wou...

Sibbe se pad na roem

5 ure gelede | Mense

Jeanette DiergaardtAs ’n sangpaar staan Ayden Patrick Beukes (25) en Tamaryn Junay Beukes (22) glad nie terug vir Suid-Afrika se talent nie. Die broer-en-suster-duo het...

Poging tot moord in Pionierspark

5 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee mense is glo Woensdag in Scheppmannstraat in Pionierspark Uitbreiding 1 van hul selfone beroof. Volgens ’n polisieverslag het die voorval omstreeks 15:00 plaasgevind...