Hage praat uit sy hart
Die president het onder meer onderneem om ‘n volledige hervestigingslys voor te lê.
Elvira Hattingh - “Ek wil direk met wit Namibiërs praat.
“Julle het sekerlik die emosionele sentimente gehoor wat tydens die konferensie uitgespreek is, en dalk gewonder of julle nog veilig en welkom is.
“Hierdie is julle land, julle is Namibiërs. As Namibiërs het ons almal regte, maar ons moet nooit ons pligte teenoor mede-Namibiërs vergeet nie.”
President Hage Geingob het Vrydagaand tydens die afsluiting van die tweede nasionale grondkonferensie reguit gepraat en selfs die regering is nie gespaar oor die geheimhouding van die lys van begunstigdes van hervestiging nie.
Hy het gesê Namibiërs sal voorts ‘n merkwaardige verandering sien. Boonop het hy ook verras toe hy gesê die regering gaan ‘n noodsituasie afkondig.
“Die situasie in informele nedersettings is ‘n nasionale, humanitêre krisis. Die regering sal ‘n noodsituasie afkondig sodat belangegroepe hul hulpbronne kan mobiliseer en die konferensie se resolusies vinniger implementeer,” het hy aan die beraad gesê.
Volgens die president is daar geen verwagting dat wit Namibiërs moet skuldig voel oor die koloniale en rasistiese brutaliteit van die verlede nie.
“Die verwagting is egter dat julle erken dat dié brutale beleid sommiges bevoordeel het, tot nadeel van die meerderheid.
“Die fundamentele kwessie is nie ras nie. Dit is die buite-verhouding-rykdom van enkeles, terwyl die meerderheid uitgesluit word. Ongelykheid is ‘n globale fenomeen en weens ons verlede bly die welvaart in die hande van ‘n ekonomiese minderheid, van wie die meeste wit is,” het hy gesê.
“Die verwagting is dat dié wat het, ongeag hul kleur, die verantwoordelikheid sal neem om seker te maak dié wat nie het nie, word ook ingesluit.
“Daar is nie enige bestaansgevaar vir julle nie. Die ware gevaar lê egter in die bedreiging wat strukturele ongelykheid vir vrede inhou,” het hy gesê.
LESSE GELEER
Die president het bygevoeg dat die lesse uit die beraad as ‘n waarskuwing vir grondeienaars dien oor die belangrikheid daarvan om te deel, maar ook ‘n waarskuwing is vir dié wat grond soek om dit nie ten koste van ander te doen nie. Ook dat bekwame en regverdige implementeerders met goeie integriteit noodsaaklik is.
“Die uitwissing van armoede en vermindering van ongelykheid is die mees noodsaaklike, dringende uitdaging van ons tyd.
“Die vrye mark het geen moraliteit nie. Dit vier groei en doeltreffendheid, en is nie bekommerd wanneer die rykes ryker raak en die armers armer nie. Burokrasie het ook nie moraliteit nie. Dit vier mag en outoriteit, en is nie bekommerd oor die gevolge van stadige en ondoeltreffende besluite nie.”
Hy het gesê die boodskap van Namibiërs is duidelik: “Genoeg is genoeg. Ons kan nie meer ‘n burokrasie bekostig wat net vir die magtiges werk nie.”
BEKOMMERD OOR HERVESTIGING
Hy het weer verwys na die hervestigingsprogram wat “minder as bevredigend” was, en gesê ‘n brandende behoefte bestaan vir groter deursigtigheid en aanspreeklikheid om beter vertroue te skep.
“Agterdog word gesaai deur geheimhouding en vermyding. Verskeie beskuldigings is oor die voor 2010-lys gemaak, wat my diep bekommer. Geen bewyse is gelewer om beweringe van korrupsie te steun nie en terwyl dit nie uitgesluit kan word nie, bestaan ‘n moontlikheid dat die lys nie vrygestel kon word nie weens swak rekordhouding.
“Omdat data oor hervestigdes en gebiede van hervestiging ‘n belangrike bestuursmeganisme is, sal ‘n daadwerklike poging aangewend word om ‘n volledige hervestigingslys te skep, al beteken dit ‘n oudit moet van die hervestigingsplase gedoen word,” het hy gesê.
ONTEIENING
Geingob het ook gesê die onteiening van grond in openbare belang is nie teen die wet nie en bygevoeg dat baie kwessies met toegang tot grond opgelos kan word binne die raamwerk van Namibië se beleids- en wetsraamwerk, asook die Grondwet.
“Die Grondwet laat egter nie arbitrêre ontneming van eiendom toe nie. Alhoewel vryheid van spraak ook gewaarborg is vir dié wat vra vir die onteiening van eiendom sonder vergoeding, het ek ‘n eed onderneem om die Grondwet na die beste van my vermoë te onderhou en te verdedig om regverdigheid vir alle Namibiërs te verseker.
“Ek sal altyd getrou aan dié eed bly,” het hy gesê.
Geingob het ook gesê die beginsel van vrywillige verkoper, vrywillige koper is nie in die Grondwet vervat nie, en die regering nie langer sal toelaat dat ‘n opgeblaasde prys vir die regering gevra word, terwyl ‘n tweede billike prys vir die mark gevra word nie, omdat dit beteken die regering kan minder hervestigingsplase bekom.
“Onteiening met regverdige vergoeding sal grondpryse modereer en die regering se grondverkrygingsprogram meer volhoubaar maak. Ons sal regverdige vergoeding verder ontleed om oor die verlede se struikelblokke te kom,” het hy gesê.
VOORVADERLIKE EISE
Geingob het gesê voorvaderlike grondeise is geldig, alhoewel die Grondwet beperk wat in verband hiermee gedoen kan word.
“Ek het kennis geneem van die die meeste streke se voorstelle dat gemeenskappe wat van hul grond ontneem is, spesiale voorkeur in hervestiging moet ontvang.”
Die president het saamgestem dat ‘n ondersoekkommissie hiervoor op die been gebring kan word.
Hy het ook sy misnoë uitgespreek met mense wat weiding in kommunale gebiede afkamp. Hy het gesê baie boere wat dit doen, het meer beeste as kommersiële boere, maar verkies om voordeel uit die kommunale weidding te trek - ten koste van armes.
Hy het gesê grond op dorpe en stede het onbekostigbaar geraak, hoofsaaklik as gevolg van ‘n gebrek aan gedienste grond.
“Harde werk lê voor. Ons sal baie uitdagings teëkom langs die pad van beleids- en wetsformulering asook implementering.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie