Hage lê sy droom uit
Kenners sê die welvaartplan vir Namibië is op koers en sowat 80% van 2016 se Harambee-doelwitte is binne bereik.
Augetto Graig – “''n Leier is ''n dromer,” het president Hage Geingob gister gesê tydens die oorsigkonferensie by Staatshuis om die jaar se vordering met sy Harambee-welvaartsplan te bespreek.
Sy droom vir Namibië is ''n samelewing waar 80% tot 90% van die mense ''n middelklas-leefstyl lei, met net 5% skatrykes en 5% armes, alhoewel daar geen uiterste armoede in sy droom sou bestaan nie. Die Harambee-plan is bedoel om dié droom vroeër eerder as later te bewaarheid.
Oor sy benadering tot die toekoms van die Namibiese nasie, het die president op antwoord van vrae deur die media gesê: “Ons moet almal saamstem dat die land yslike ongelykhede ervaar. Ons stem ook saam dat eiendomsregte gerespekteer moet word wanneer dit wetlik verkry is, selfs as dit by grond kom. Vir 26 jaar respekteer ons dié wette.
“Ons het nou die politieke mag en ons akkommodeer almal deur die gebruik van dié mag, maar die tyd het aangebreek vir dié wat die ekonomiese mag en die grondmag het, om óók ander te akkommodeer,” sê hy.
Volgens die president het Namibië maar min skatryk mense, veral in terme van Amerikaanse dollar-miljardêrs. "Daarom is dit heel moontlik vir ons om ''n gelyke situasie te skep waar 80% tot 90% deel van die middelklas is, en die regering op die swakkes en die behoeftiges konsentreer,” het hy gesê. Om dit te kan bereik, moet Namibiërs hul selfsugtigheid staak en die huidige situasie waar een individu alles hom of haar gryp, stop. “Selfs tenders moet gedeel word,” het Geingob gesê.
Die hele kabinet, diplomatieke gemeenskap en al die mediahuise en -instellings het dié konferensie gister bygewoon. Die grootste deel van die drie-uur-lange vergadering is gewy aan vrae en antwoorde wat deur die president, sy ministers en sy adviseurs verskaf is.
Vordering
Dr. John Steytler, Geingob se ekonomiese raadgewer, het die hoogtepunte van die eerste ses maande van Harambee se “jaar van implementering” uiteengesit.
Die Harambee-plan rus op vyf pilare, naamlik doeltreffende regeringsbestuur, ekonomiese bevordering, maatskaplike bevordering, internasionale samewerking en infrastruktuurontwikkeling. Onder die vyf is 43 gewenste uitkomste geïdentifiseer wat deur die toepassing van 163 aktiwiteite in 15 subafdelings dié uitkomste moet laat werklikheid word.
Volgens Steytler het die regering tot en met September 2016, in die eerste ses maande van die implementering van die plan, genoeg gedoen om op koers te wees om 80% van die Harambee-doelwitte teen die einde van die finansiële jaar te bereikk.
“Baie van die teikens is reeds behaal en net vanoggend het ek nuwe inligting oor behuising en die lewering van dienste aan erwe gekry wat goed lyk. Omdat ons internasionale maatstawwe vir ons gekies het en van die internasionale verslae eers ná die einde van die finansiële jaar vrygestel sal wees, moet ons nog ''n tyd wag op sekere uitslae. Ek is tans vol vertroue dat ons 80% sal behaal en dat ons op die regte spoor is,” het hy gesê.
Prestasies wat al in September bereik is, sluit in Namibië se eerste plek rakende persvryheid in Afrika, vyfde plek in Afrika ingevolge die Mo Ibrahim-indeks op bestuur en 100% betreffende ministers, adjunkministers en permanente sekretarisse wat hul inkomste verklaar en prestasie-ooreenkomste onderteken het.
Wat betref ekonomiese bevordering, is Namibië se skuld teenoor die Bruto Binnelandse Produk (BBP) tans op 42%, méér as die 37% mikpunt, maar ver onder die 60% SADC-merk vir volhoubaarheid.
Invoerdekking staan op 3,3 maande, dus meer as die driemaandeteiken, terwyl die land se kredietgradering op die langtermyn as BBB- deur Fitch gestel is. Moody plaas Namibië se kredietgradering op Baa3. Dit is die laagste beleggersgradering op beide skale, en net bo rommelstatus.
(Sien die kassie vir ''n verdere uiteensetting van vordering wat gemaak is.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie