Hael op 'n ander man se plaas
Republikein vra verskoning oor die onderskrif by verlede week se haelfoto’s. Alhoewel boere vertel dat dit verlede Woensdag wyd gehael het en mnr. Andries Jooste se plaas dit glo ook ontvang het, is die meeste van die haelfoto’s op mnr. Johan Gous se plaas, Lucia, geneem. Die foto's van 'n landskap waar die hael wit lê, is wyd in sosiale media versprei. Gous, wat sowat 15 km suidoos van Witvlei boer, reken hy het sowat N$200 000 se skade gehad en dat sowat 10 tot 40 mm hael moes geval het. Glasvoorwerpe en sonpanele tel onder die items wat in die haelstorm beskadig is. Gous sê hy het ‘n paar dooie uile in die veld opgetel, maar gelukkig geen vee verloor nie. Hy is nietemin baie dankbaar vir die reën en glo dat dit nog tot "'n groenigheid" op sy plaas kan lei voor die somerseisoen tot 'n einde loop.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie