Haastige Pierre klim die vlakke in RSA
Haastige Pierre klim die vlakke in RSA

Haastige Pierre klim die vlakke in RSA

Sy eerste seisoen het 'n terugslag ingesluit, voordat hy as beginner van die jaar vereer is.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Ná indrukwekkende opgang in sy eerste jaar van mededinging in Suid-Afrika, is die Windhoekse ryer Pierre Grobler vasberade om in 2018 verdere hoogtes op sy supermotorfiets te bereik.

Die 25-jarige Grobler het verskeie stories om te vertel na afloop van die 2017-seisoen, wat hy afgesluit het deur met die Beginner van die Jaar-trofee in die Sub-10 reeks vereer te word.

Die vernuf en aanvoeling wat hy reeds uitgestal het terwyl hy met 'n standaard Kawasaki ZX10 meegeding het, maak waarnemers opgewonde om te sien wat hy in die toekoms met verdere tegniese verbeterings kan uitrig.

Daar was 'n keer halfpad deur die seisoen wat hy homself bewusteloos geval het en sy motorfiets afgeskryf het.

Met sy pa Pieter wat as sy vernaamste borg tot in daardie stadium nie verder vir die herstelpoging kans gesien het nie, sou dié terugslag straks die einde van sy drome in die sport beteken het – maar weldoeners het juis toe betrokke geraak en hom terug op koers gehelp.

Die sport van supermotorfietse is in Suid-Afrika dramaties meer ontwikkeld as hier, waar die Tony Rust-renbaan die enigste in die land is.

Grobler het verlede jaar sy debuut in die Bridgestone Challenge-reeks gemaak, wat dien as 'n intreevlak vir beginners om die verskillende resiesbane in Suid-Afrika te leer ken en aan hul vernuf te slyp.

Ryers wat al 'n paar jaar ondervinding het of talent toon, ding in die Sub-10 klas mee. Hulle is gewoonlik in dieselfde resiese as die Thunderbikes betrokke, wat so raak-raak aan die nasionale en GP-vlakke waar die diepste beursies en bykans voltydse aandag aan jou loopbaan as resiesjaer die verskil maak.

Die nasionale en GP-vlakke is gewoonlik waar uitnodigings na die gesogte Europese reekse as die geelwortel dien. Die Thunderbikes-klas sluit dus vele talentvolle en ervare jaers in wat bloot weens finansiële beperkings nie meer op die hoër vlak kon meeding nie.

Uit 12 resiese in die Bridgestone-klas het Grobler verlede jaar in ses gaan meeding, waar hy elke keer derde, tweede of eerste plekke behaal het.

Twee keer het sy vinnige tye om die baan hom laat deurbreek om ook in die Sub-10's en Thunderbikes se resiese te kon jaag.



DIE VAL EN DIE OPSTAAN

Gedurende Juniemaand het Grobler vir die byeenkoms by Oos-Londen aangetree, waar hy op die Donderdag en Vrydag goed in die oefenlopies gevaar en op die Saterdag 'n goeie kwalifiserende plek in die derde wegspringry losgery het.

Die Sondag het hy egter op 'n reguit deel teen 'n snelheid van nagenoeg 210 km/h beheer oor sy motorfiets verloor en homself bewusteloos geval.

“As toeskouers is my ouers altyd meer senuagtig oor die hoofresiese, omdat ek dan soveel meer insit as tydens die oefenlopies of kwalifisering.

“My val het basies voor my pa se sitplek gebeur en hy het oor die muur gespring en was eerste by my – vóór die noodhulp en voordat die ander jaers ingelig is om stil te hou,” vertel Pierre.

Sy motorfiets was afgeskryf en vir die volgende twee maande was hy buite aksie terwyl herstelwerk aan die motorfiets gedoen moes word. Gelukkig is gedurende hierdie periode met Pieter Grové van Surestart, asook sy oom Andries en tannie Fransie Kotze in aanraking gekom, wat besluit het om hul hand in die sak te steek om Pierre se terugkeer moontlik te maak.

Die Zwartkops-baan in Centurion is waar Grobler hom terug op die baan begewe het. “Ek moes eers weer my selfvertroue terugkry. Dit het maar swaar gegaan en daai eerste naweek het nie so goed verloop nie,” sê hy.

In die finale twee reeksbyeenkomste was Grobler egter behoorlik op die wenpad. 'n Keerpunt was in Oktober by die Red Star-baan in Mpumalanga, waar hy die twee resiese vir punte met 'n tweede en eerste plek afgesluit het. Laasgenoemde oorwinning was ondanks 'n straftyd van 30 sekondes omdat hy oorhaastig weggespring het.

Die volgende maand het hy in beide sy resiese by Kyalami in Johannesburg eerste plekke behaal.



NUWE JAAR

Aanstaande naweek (27-28 Januarie) sal hy by die Extreme Festival by die Zwartkops-baan in Gauteng aan die eerste byeenkoms van die 2018-reeks gaan meeding.

Hy sal voortaan in die Sub-10 klas aantree en beoog om vanjaar elf resiese in die reeks by te woon. Ná die groot beleggings wat reeds verlede jaar in sy loopbaan gemaak is, is sy doelwit om vanjaar dié klas te wen.

Vroeg in laasjaar toe hy om sy insluiting in die reeks gaan onderhandel het, het hy uit Suid-Afrika telefonies sy pa ingelig oor die rekening wat op pad is. Die koste was N$41 000 vir die verpligte stel beskermende uitrusting (insluitend stewels, valhelm en 'n reissak waarin dit verpak word) waarsonder geen jaer op hierdie vlak mag meeding nie.

“Groblers Racing”, soos sy span nou bekend staan, se lys van borge en finansiële ondersteuners het intussen mooi aangegroei.

Dit sluit sy pa Pieter Grobler, Surestart Properties (Pieter Grové), WV Construction (Antonie Vermaak en Bertu Bester), Simpology (Freddie Kruger en Adél Kruger), MaxQ Nutrition (Riaan Grobler, wat sy gimnasium- en eetprogram verskaf), Fransie en Andries Kotze, sy oom Manie Grobler, Reef Supplies (Andy Morley) en Elco Electrical in.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%