Haar sleutel het die wenmotor oopgesluit
Me. Soekie Meyer van Windhoek het ‘n Volkswagen Jetta ter waarde van N$400 000 in die Namibië Toerisme Ekspo se eerste Wen ‘n motor-kompetisie gewen. Saam met haar in die foto is mnr. Riaan Vermeulen van Old Mutual Namibia-korttermynversekering, wat N$15 000 se versekering op die motor oorhandig het, en mnr. Phillip van der Merwe van Autohaus Windhoek. Die 13 ander finaliste was: me. Jeanny Shilengudwa, Thilda Katjingisiua, Victoria Haihambo, Lufia Simao, Devon Farmer, Louis du Pisani, Lilian Truter, Jacques van Zyl, Wynand Drotsche, Janny David, Pombili Elia, Immanuel Awene en Charmaine Shannon. Foto Absai Haiduwa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie