Haaie verras met skrumskakel vir eindstryd
Tinus van Staden – Die Haaie gaan die bloedjong skrumskakel Jaden Hendrikse môre in die eindstryd van die Curriebeker-reeks op die Blou Bulle in Pretoria loslaat.
In ’n ietwat verrassende wending het die KwaZulu-Natallers se afrigter, Sean Everitt, die 20-jarige Hendrikse by die beginspan in die plek van die 22-jarige Sanele Nohamba ingesluit. Nohamba het hom onlangs as die Haaie se voorkeur-skrumskakel onderskei, maar sal môre op die plaasvervangersbank sit.
Hendrikse het wel die laaste ruk groot indruk gemaak wanneer hy speelkans gekry het.
Dit is Everitt se enigste verandering aan die 23-tal wat die Westelike Provinsie verlede week in die halfeindstryd op Nuweland geklop het.
• Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am (k), Marius Louw, Yaw Penxe, Curwin Bosch, Jaden Hendrikse, Sikhumbuzo Notshe, Henco Venter, Dylan Richardson, Ruben van Heerden, JJ van der Mescht, Thomas du Toit, Fez Mbatha, Ox Nche.
Reserwes: Dan Jooste, Mzamo Majola, Michael Kumbirai, Hyron Andrews, Thembelani Bholi, Sanele Nohamba, Jeremy Ward, Manie Libbok. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie