Haaie put vertroue uit 2014 se sege oor 'Saders
Rugby
Tinus van Staden - Wanneer 'n mens met Stephan Lewies praat oor die roemryke dag in die Haaie se geskiedenis toe hulle die Crusaders met 14 spelers in Christchurch geklop het, help hy jou vinnig reg.
“Dit was eintlik met 13 spelers. Sê so, dit klink beter,” sê Lewies wat daardie dag, 17 Mei 2014, op slot gesak het toe die Haaie die eerste Suid-Afrikaanse span sedert 1996 geword het om die Crusaders in Christchurch te klop.
Die huidige lot Haaie put inspirasie uit daardie vertoning voordat hulle Saterdagoggend die verdedigende kampioen in dié spanne se kwarteindstryd in Christchurch pak.
Vier jaar gelede het die Haaie in die 16de minuut vir Jean Deysel aan 'n rooikaart afgestaan. Willem Alberts het boonop in die 64ste minuut 'n geelkaar gekry.
“Daardie jaar het Jake (White, toe die Haaie-breier) voor elke wedstryd 'n oudspeler gekry om ons truie uit te deel. Voor die wedstryd teen die Crusaders was daar niemand beskikbaar nie,” onthou Lewies.
“Toe het ons name getrek en jy moes die ou wie se naam jy getrek het, se trui vir hom oorhandig en vir hom sê wat hy vir die span bied. Dit was 'n emosionele gedoente.
“Dit was boonop Jannie (du Plessis) en Beast (Mtawarira) se 100ste wedstryde. Ons was ongelooflik opgesweep,” sê hy.
Die Haaie het daardie wedstryd gewen, maar het later in die halfeindstryd met 38-6 teen die Crusaders op dié Kiwi-reuse se intimiderende tuisveld vasgeval.
Lewies, wat met 'n kniebesering sukkel, het ook raad vir sy spanmaats.
“Jy kan die Crusaders nie té veel respek betoon nie. Jy moet gló jy kan hulle klop, anders help dit nie. Jy moet selfvertroue hê.
“Ek glo die ouens het daardie selfvertroue. Daar is eintlik baie min ouens in die huidige span wat al teen die Crusaders in Christchurch gespeel het, so daar is geen sielkundige letsels nie.”
Mtawarira en die vleuel Lwazi Mvovo is die enigste spelers wat daardie dag in 2014 gespeel het, wat by Saterdag se span ingesluit kan word.
Lewies glo ook die feit dat die Haaie vanjaar goed gevaar het teen Nieu-Seelandse spanne, sal hulle baie selfvertroue gee.
Die Haaie het die Blues, die Highlanders en die Chiefs geklop, terwyl hulle net-net teen die Hurricanes in Wellington vasgeval het.
“Ek dink ons fisiekheid help ons baie, veral met André (Esterhuizen) en Lukhanyo (Am) in die middelveld, wat ons oor die voordeellyn kry.
“Ons het dan groot voorspelers wat ná daardie fases om die hoekies kom. Ons gaan Saterdag wel vir Jean-Luc (du Preez, beseerde Bok-flank) mis, maar ons het nietemin goeie plaasvervangers,” sê hy.
Die Crusaders is 'n gedugte eenheid. Hulle het in die laaste twee jaar net drie uit 31 wedstryd verloor.
“Hulle het baie goeie senior spelers soos Kieran Read en Sam Whitelock wat van voor lei. Hulle is ook 'n span wat die heeltyd beter raak.”
Hoewel die Haaie aan chroniese onbestendigheid ly, glo Lewies nie dít tel vir enigiets in uitklopwedstryde nie.
“Dis waar, ons was baie onbestendig deur die jaar. Maar as ons Saterdag een van ons beste wedstryde speel, dan ... hoe kan ek dit sê, dan moet die Crusaders oppas.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie