Guzman hoor gou oor uitlewering
Vordering is gemaak op vandeesweek se vergadering hier om vrede in Sirië te bewerkstellig, het die ministers van buitelandse sake van Amerika en Rusland gister gesê.
Volgens mnre. Sergey Lavrov en John Kerry is die volgende mikpunt om die verposing in die geweldpleging in Sirië nou in ’n doeltreffende skietstaking te omskep.
“Ek beklemtoon dat ons ten opsigte van al die aspekte van ons werk hier gevorder het. Dit is die beëindiging van geweld, die uitbreiding van humanitêre bystand en die politieke proses,” het Lavrov gesê.
Kerry het egter bygevoeg dat werklike vordering slegs op bepaalde optrede sal volg.
“Ons het die bal vorentoe geplaas, maar om te verseker dat dinge nie net by woorde op ’n stuk papier bly nie, sal sekere stappe gedoen moet word. Niemand kan selfs net skrams tevrede wees met die situasie in Sirië nie,” het hy gesê. Die vergadering is belê deur die International Syria Support Group (ISSG), ’n groep van 17 moondhede wat hulle vir vrede in Sirië beywer.
Vroeër het mnr. Frank-Walter Steinmeier, Duitsland se minister van buitelandse sake, gesê die politieke proses moet weer aan die gang kom. “Die doel is om die omstandighede vir ’n skietstaking en humanitêre hulp te verbeter en om die opposisie te oortuig om met die regering te onderhandel.”
Onlangse gevegte in Aleppo, voor die konflik Sirië se grootste stad, het ’n einde gebring aan die betreklike kalmte wat deur vredesgesprekke in Wene bewerkstellig is.
Die onderhandelings het in April op niks uitgeloop nie nadat die opposisie die onderhandelaars die rug gekeer het.
Die hoop is nou ook op die Verenigde Nasies se spesiale afgesant vir Sirië, mnr. Staffan de Mistura, wat probeer om ’n volgende ronde onderhandelings teen einde Mei aan die gang te kry.
Sy oogmerk is om ’n oorgangsbewind in Sirië voor die sperdatum, 1 Augustus, tot stand te bring. Verkiesings sal dan binne 18 maande volg.
’n Senior diplomaat betrokke by die vredespogings het gesê Rusland en die VSA sal iets op die tafel moet plaas wat die opposisie sal oortuig om te onderhandel. “Dit spyt my om dit te sê, maar ek vermoed Amerika gaan met ’n voorstel kom wat te optimisties is, en nie prakties haalbaar nie.”
Intussen is daar erge lyding in konflikgebiede, want humanitêre hulp word nie doeltreffend verleen nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie