Guther se o.20's weer teen RSA geloot
Sokker
Namibië se onder 20-span is teen Suid-Afrika, die huidige titelhouer, in groep B geloot van die Cosafa onder 20-kampioenskap wat in Desember in Zambië aangebied word.
Suid-Afrika en Namibië sal hul hewige wedywering in junior sokkertoernooie hernu in die komende kompetisie vanaf 2 tot 14 Desember in Kitwe.
Afrigter Gerald Guther se jong span moet ook rekening hou met Mauritius en eSwatini, die ander twee spanne wat in groep B geplaas is.
“Dit is 'n meer gunstige groep as verlede jaar. Suid-Afrika bly vir ons 'n harde neut om te kraak, maar met genoeg tyd om voor te berei, kan ons hulle dalk verras,” het Guther gister in reaksie gesê.
“Mauritius se spanne het die laaste jare heel skaflik gelyk. Vir Swaziland het ons twee jaar gelede geklop, maar almal verbeter mos soos die tyd verloop. Uit ons oogpunt is die loting meer gunstig as laas jaar.”
Guther se oefengroep sal na verwagting volgende week begin byeen kom.
Die gasheerspan Zambië het in 'n moeilike groep A beland toe die loting gister afgehandel is. Zambië is saam met Malawi, Mosambiek en die nuwelingspan Réunion wat 'n ietwat onbekende faktor as lidland van Cosafa (die Konfederasie van sokkerverenigings in Suider-Afrika) is.
Zambië het twee jaar gelede die o.20-titels van Cosafa én Afrika gewen, maar al drie opponente in sy groep behoort 'n sterk uitdaging te bring. Laas jaar se Cosafa-toernooi is ook in Kitwe gespeel, maar Zambië kon op teleurstellende wyse nie die groepfase oorleef nie.
Groep C bevat Lesotho (naaswenners in 2017), Zimbabwe, Angola en Botswana wat sy terugkeer tot die streektoernooi maak nadat hy laas jaar afwesig was.
Zimbabwe het die Cosafa o.20-toernooi ses keer gewen, maar het in die laaste twee jare beide kere in die eerste ronde uitgeval en sal desperaat wees om 'n slag te wys waartoe hy in staat is.
Net die topspan in elke groep asook die beste geplaasde tweede plek vorder na die semifinaal se uitklopwedstryde.
Cosafa se president, dr. Phillip Chiyangwa, sê: “Die Mopani Copper Mines Cosafa onder 20-kampioenskap is nog 'n stap in die uitvoering van ons mandaat, om behoorlike geleentheid vir die ontwikkeling van spelers, afrigters, wedstrydbeamptes en administrateurs te bied.
“Hierdie is die vyfde toernooi wat die Cosafa-streek vir 2018 aanbied en met dié opwindende loting sal die jongmanne weer heelwat aanskoulike sokker kan speel.”
Die toernooi se wedstryde sal regstreeks deur die uitsaaier Kwesé TV vertoon word.
Die loting vir die 2018 Mopani Copper Mines Cosafa onder 20-kampioenskap is:
Groep A: Zambië, Malawi, Réunion, Mosambiek.
Groep B: Suid-Afrika, Namibië, Mauritius, eSwatini.
Groep C: Lesotho, Zimbabwe, Angola, Botswana.
Die wedstrydprogram vir groep B en die uitklopfase is:
03 Desember: Namibië tn Eswatini, 13:00
03 Desember: Suid-Afrika tn Mauritius, 15:30
06 Desember: Mauritius tn Eswatini, 12:00
06 Desember: Namibië tn Suid-Afrika, 15:30
08 Desember: Suid-Afrika tn Eswatini, 13:00
08 Desember: Namibië tn Mauritius, 13:00
11 Desember: Semifinaal 1, groepwenner B tn beste tweede plek, 13:00
11 Desember: Semifinaal 2, groepwenner A tn groepwenner C, 15:30
14 Desember: Bronsfinaal, 12:00
14 Desember: Finaal, 15:30

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie