Guptas kry grasie vir bankrekeninge
Guptas kry grasie vir bankrekeninge

Guptas kry grasie vir bankrekeninge

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag die Bank of Baroda (BOB) verbied om 20 maatskappye wat aan die Guptas behoort, se transaksierekeninge en lenings te beëindig.
Die Bank of Baroda (BOB) wou bankrekeninge van maatskappye wat aan die omstrede Gupta-familie behoort, asook lenings aan vier van dié maatskappye, op 30 September sluit omdat hy nie met die Guptas geassosieer wil word nie.

Die bank het op 6 Julie vanjaar kennis aan die maatskappye gegee dat hy sy bande met hulle beëindig.

Die maatskappye het egter einde September 'n dringende hofaansoek voor regter Tati Makgoka gebring om die bank te keer om die rekeninge en lenings te sluit.

Altesame 15 Gupta-familie se maatskappye het sowat 7 652 werknemers in diens, wat 'n groot aantal mynwerkers insluit. Daar kan nie ernstig gesê word dat groot ondernemings soos dié sonder bankgeriewe kan oorleef nie.

Só het regter Tati Makgoka Maandag in sy uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria gesê waarin hy die Bank of Baroda (BoB) vir eers verbied het om die Guptas-maatskappye se transaksierekeninge te sluit. Hy het die bank ook verbied om die lenings en oortrokke geriewe wat vier van dié maatskappye by die bank het, terug te trek. Die bank wou die rekeninge en lenings op 30 September sluit omdat hy meen 'n verbintenis met die Guptas benadeel sy reputasie. Die bank het op 6 Julie kennisgewings aan altesame 20 maatskappye van die Guptas uitgereik dat hy sy bande met hulle verbreek.

Makgoka het gesê daar is nie enige tasbare bewyse van reputasieskade vir die bank weens sy verbintenis met die Gupta-familie nie. Die aantygings teen die familie is 'n paar jaar lank al in die openbare domein. Die bank het nie enige getuienis voorgelê dat enige kliënte of vennote, plaaslik of internasionaal, gedreig het om hul verhouding met hom te staak weens sy sakeverhouding met die maat­skappye of die familie nie.



TUSSENTYDSE BEVEL

Die bankier-kliënt-verhouding tussen die BoB en die 20 maatskappye moet volgens die hofbevel in stand bly totdat die maatskappye se hofaansoek om 'n finale bevel teen die bank te probeer bekom, afgehandel is. In dié komende hofaansoek gaan die maatskappye die geldigheid van die bank se kennisgewings bevraagteken.

Die maatskappye se aansoek voor Makgoka om 'n tussentydse interdik teen die bank te bekom, is op 28 September aangehoor. Dit sou eers op 7 Desember aangehoor word, 'n datum wat deur die adjunkregterpresident vasgestel is. Die datum is vervroeg nadat regter Hans Fabricius op 21 September die maatskappye se vorige dringende aansoek om die bank te keer om die geriewe op 30 September te sluit, van die hand gewys het.

Makgoka het gesê hoewel die huidige aansoek voor hom op 7 Desember aangehoor sou word, het die BoB geweier om 'n onderneming te gee om nie voor dan die rekeninge te sluit nie. Dit was onredelik van die bank om nié so 'n onderneming te gee nie.

Hy het voorts gesê daar is geen misbruik van die hofproses deur die maat­skappye nie.

Die maatskappye het Makgoka ook gevra dat sekere paragrawe in die bank se eedsverklaring in die saak geskrap word omdat dit hoorsê, kwaadwillig en irrelevant is. Makgoka het dié versoek egter van die hand gewys.

Hy het gesê die bank het tereg uitgewys dit is die maatskappye self wat die kwessie geopper het oor nadelige publisiteit deur 'n verbintenis met die Gupta-familie.

Die maatskappy sê daarin dat hulle nie almal die onderwerp van negatiewe publisiteit was nie.

Onder dié omstandighede was die bank heeltemal geregtig om die aantygings te weerlê, het Makgoka gesê.

Die aantygings teen die Gupta-familie en hul verwante entiteite, hetsy dié in die openbare beskermer se verslag oor staatskaping of die sogenaamde Gupta-leaks-e-posse, is nie net relevant nie, maar deurslaggewend. Die bewerings waarop die bank steun, bewys nie dat dit waar is nie, maar eerder dat die inligting reeds in die openbare domein is, het Makgoka gesê.

Hy het gesê hy sien geen skade daarin vir die maatskappye as die aantygings nié uit die bank se verklaring geskrap word nie. Die maatskappye sal onherstelbare skade ly as die interdik nie toegestaan word nie. Die suggestie dat die werknemers en verskaffers deur betalingsagente betaal kan word (as die rekeninge­ wel gesluit sou word), neem nie die feit in ag dat dit bykans onmoontlik is om sake te doen sonder bankgeriewe nie.

Makgoka het beveel die rekeninge en lenings moet op die dieselfde wyse as vóór 6 Julie bedryf word.

Hy het ook gesê die maatskappye moet binne 15 dae hul hofaansoek indien waarin hulle 'n finale bevel wil bekom oor die geldigheid van die BoB se kennisgewings om die bande met die maat­skappye te beëindig.

Hy het gesê dié tussentydse bevel wat hy nou verleen het, sal verval as daardie hofaansoek nie binne 15 dae ingedien word nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.72/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.60/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 89.17/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 911.72/OZ DOWN -0.0046 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.72/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.60/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 89.17/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 911.72/OZ DOWN -0.0046