Guantanamo-gevangenes sluit by militante groepe aan
Guantanamo-gevangenes sluit by militante groepe aan

Guantanamo-gevangenes sluit by militante groepe aan

Obama laat minder vry as wat Bush gedoen het
Estelle de Bruyn
In die eerste ses maande van 2016 het nog twee militante, wat deur Amerika van die vlootbasis by Guantanamo-baai, Kuba bevry is, na die slagveld teruggekeer, het die Amerikaanse regering Woensdag bekend gemaak.
Washington het bevestig dat altesaam nege van die mense wat tot dusver uit Guantanamo vrygelaat is, weer by militante groepe aangesluit het, sedert pres. Barack Obama in 2009 aan bewind gekom het. Dit blyk uit ’n verslag van die kantoor van die direkteur van Nasionale Intelligensie (ODNI)
Amerika het die gevangenis by Guantanamo in 2002 geopen, die jaar ná die terreuraanvalle op New York en Washington op 11 September 2001, om diegene wat as vermeende buitelandse terroriste beskou word, aan te hou. Die meeste is vir meer as tien jaar sonder ’n verhoor aangehou. Dit het skerp internasionale veroordeling uitgelok.
Obama het gehoop om die gevangenis in die eerste jaar van sy ampstermyn te sluit. In Februarie vanjaar het hy met ’n plan vorendag te kom om dit te sluit, maar dit word deur Republikeine en lede van sy eie party teengestaan.
Volgens statistiek deur die ODNI het Obama se voorganger, pres. George W. Bush, se administrasie aansienlik meer mense uit Guantanamo vrygelaat as wat onder die Obama-administrasie die geval was.
Volgens die verslag het 113 van die 532 aangehoudenes wat deur Bush vrygelaat is na die gevegsfront teruggekeer teenoor die nege wat sedert 2009 deur Obama vrygelaat is. In totaal het die Obama administrasie 161 mense sedert 2009 bevry. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-06-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer