GSK-produkte steeds beskikbaar

Generiese produkte 'n opsie

27 November 2019 | Landbou
Henriette Lamprecht



Kritieke medikasie en entstowwe van die farmaseutiese reus GlaxoSmithKline (GSK) bly vir pasiënte in Namibië beskikbaar.

Dít volg nadat GSK in 31 markte in Afrika, insluitende Namibië, sy bemarkings- en promosie-aktiwiteite gestaak het, nou 'n verspreidergerigte model volg, en 'n aantal veranderinge aan sy bedryfsmodel in Afrika aangebring het.

Kritiek op dié skuif behels dat sekere medikasie, wat chroniese medi­kasie insluit, nie meer in Namibië beskikbaar is nie.

Volgens mnr. Andy McGuffie, wat onder meer vir GSK se kommunikasie en uitvoer- en ontluikende markte verantwoordelik is, is daar in Desember 2017 ná 'n ­uitgebreide oorsig aangekondig die maatskappy gaan sy farmaseutiese bedrywighede in Afrika suid van die Sahara herstruktureer.

Dit om toesig en doeltreffendheid te verbeter.

“Dit stel GSK in staat om meer volhoubare kommersiële sake te bou in ons pogings om toegang tot medisyne te ondersteun en om Afrika se uitdagings met gesondheid­sorg te takel,” sê McGuffie.

“Dit beteken in Namibië stel ons verspreidings­vennoot ons medisyne en entstowwe aan pasiënte beskikbaar.”

Volgens McGuffie beteken die verandering in bedryfsmodel meer betroubare verskaffing van GSK-medikasie aan die mark en meer gepaste beheermaatreëls.

Dit verminder ook die risiko dat medikasie uit voorraad raak.

“Daar is geen verandering in die voorkeur wat pasiënte se toegang tot medikasie en entstowwe geniet nie.”

Hy het erken GSK het vanjaar besluit om die verskaffing van sommige laevolumeprodukte aan verspreiders in Afrika te staak wanneer die huidige voorraad verval.

Dit het gevolg ná gereelde kommersiële en 'n volle mediese oorsig.

“In sulke gevalle ver­seker GSK dat ons nie produkte verwyder wat help met die ­behandeling van lewensbedreigende siektes nie. Ook dat daar generiese of ­alternatiewe handelsmerke is van die produkte wat verwyder word.”

Hy beklemtoon dié model het nie 'n invloed op die verskaffing van sleutelhandelsmerke soos Augmentin, Seretide en Zinnat nie – GSK-produkte wat die hoogste in aanvraag in Namibië is.

“Ons praat met ons verspreiders oor ons huidige portefeuljelys sodat daar duidelikheid onder gesondheidslui en aptekers is oor wat beskikbaar is. Ons sal ons pogings in dié verband moet verdubbel.”

GSK gaan ook voort om veiligheidsverslagstelsels volgens GSK- en beheermaatreëls te verskaf.

Vroeër is medisyne aan 'n aantal lande in suidelike Afrika, wat Namibië insluit, van Europa af via Suid-Afrika verskaf.

Met die nuwe model en om die roete te vereen­voudig en beheer en toesig te verhoog, kom die nuwe voorraad nou direk uit Europa.

Dit beteken probleme wat in die verlede ondervind is, soos vertragings weens regulasies, verminder.

Volgens McGuffie het dié veranderinge nie 'n invloed op die prys van GSK-medisyne nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

17 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...