GSK-produkte steeds beskikbaar
'n Farmaseutiese reus gaan die verskaffing van sommige laevolumeprodukte aan verspreiders in Afrika staak wanneer die huidige voorraad verval.
Henriette Lamprecht
Kritieke medikasie en entstowwe van die farmaseutiese reus GlaxoSmithKline (GSK) bly vir pasiënte in Namibië beskikbaar.
Dít volg nadat GSK in 31 markte in Afrika, insluitende Namibië, sy bemarkings- en promosie-aktiwiteite gestaak het, nou 'n verspreidergerigte model volg, en 'n aantal veranderinge aan sy bedryfsmodel in Afrika aangebring het.
Kritiek op dié skuif behels dat sekere medikasie, wat chroniese medikasie insluit, nie meer in Namibië beskikbaar is nie.
Volgens mnr. Andy McGuffie, wat onder meer vir GSK se kommunikasie en uitvoer- en ontluikende markte verantwoordelik is, is daar in Desember 2017 ná 'n uitgebreide oorsig aangekondig die maatskappy gaan sy farmaseutiese bedrywighede in Afrika suid van die Sahara herstruktureer.
Dit om toesig en doeltreffendheid te verbeter.
“Dit stel GSK in staat om meer volhoubare kommersiële sake te bou in ons pogings om toegang tot medisyne te ondersteun en om Afrika se uitdagings met gesondheidsorg te takel,” sê McGuffie.
“Dit beteken in Namibië stel ons verspreidingsvennoot ons medisyne en entstowwe aan pasiënte beskikbaar.”
Volgens McGuffie beteken die verandering in bedryfsmodel meer betroubare verskaffing van GSK-medikasie aan die mark en meer gepaste beheermaatreëls.
Dit verminder ook die risiko dat medikasie uit voorraad raak.
“Daar is geen verandering in die voorkeur wat pasiënte se toegang tot medikasie en entstowwe geniet nie.”
Hy het erken GSK het vanjaar besluit om die verskaffing van sommige laevolumeprodukte aan verspreiders in Afrika te staak wanneer die huidige voorraad verval.
Dit het gevolg ná gereelde kommersiële en 'n volle mediese oorsig.
“In sulke gevalle verseker GSK dat ons nie produkte verwyder wat help met die behandeling van lewensbedreigende siektes nie. Ook dat daar generiese of alternatiewe handelsmerke is van die produkte wat verwyder word.”
Hy beklemtoon dié model het nie 'n invloed op die verskaffing van sleutelhandelsmerke soos Augmentin, Seretide en Zinnat nie – GSK-produkte wat die hoogste in aanvraag in Namibië is.
“Ons praat met ons verspreiders oor ons huidige portefeuljelys sodat daar duidelikheid onder gesondheidslui en aptekers is oor wat beskikbaar is. Ons sal ons pogings in dié verband moet verdubbel.”
GSK gaan ook voort om veiligheidsverslagstelsels volgens GSK- en beheermaatreëls te verskaf.
Vroeër is medisyne aan 'n aantal lande in suidelike Afrika, wat Namibië insluit, van Europa af via Suid-Afrika verskaf.
Met die nuwe model en om die roete te vereenvoudig en beheer en toesig te verhoog, kom die nuwe voorraad nou direk uit Europa.
Dit beteken probleme wat in die verlede ondervind is, soos vertragings weens regulasies, verminder.
Volgens McGuffie het dié veranderinge nie 'n invloed op die prys van GSK-medisyne nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie