Gryp die geleentheid!
Augetto Graig - Met die lente kom baie dinge, van hulle goed en van hulle sleg. Daar kom ook nuwe geleenthede met verloop van tyd en die draai van die jaar se seisoene. Dit is op dié nuwe geleenthede wat ek jul aandag ’n oomblik wil vestig.
Kom ons neem dit as vanselfsprekend dat daar wel geleenthede ontstaan wat voorheen nie moontlik of bereikbaar was nie. Hoe gereed is jy om gebruik te maak van hierdie nuwe geleenthede? Hoe gewillig is jy?
Geen geleentheid kan omskep word in iets waardevol, voor dit nie raakgesien is nie. Die vermoë om 'n geleentheid raak te sien, is 'n belangrike beginpunt om jouself voor te berei op die benutting van daardie geleentheid.
Daar is verskeie redes waarom mense die geleenthede om hulle nie raaksien nie. Dit sluit in die benadering, uitgangspunt, geestelike toestand en houding teenoor die lewe wat in daardie stadium oorheers.
'n Depressiewe persoon sal dit baie moeilik vind om positief te dink of om iets positief raak te sien. Geleenthede is reeds iets positief, en gemoedsrus help om die goeie in enige situasie uit te ken.
Dit beteken nie druk en spanning belemmer die vermoë om geleenthede raak te sien heeltemal nie. Noodsaaklikheid is nie per ongeluk die moeder van uitvinding nie. Maar almal is nie sterk genoeg om die chaos wat soms binne ons woed, te kan uitskakel en die situasie objektief te kan ontleed nie.
Omdat die lewe nie altyd sonskyn en rose is nie, is dit so belangrik om jou sienswyse en benadering altyd te bevraagteken en dikwels te verander.
Selfbeheer begin by die interpretasie van omstandighede. Jou spontane reaksie op slegte of moeilike omstandighede is dikwels die verkeerde pad om te vat.
Haal diep asem en stel jou gevolgtrekking uit so lank as wat jy kan. Leer meer van wat aangaan en probeer die saak van verskillende kante af bekyk. Neem ’n oomblik om jou emosies opsy te skuif en om jou volgende tree goed te deurdink. Dit is ook in dié tyd dat nuwe geleenthede die maklikste na vore kom.
Om die geleentheid raak te sien, is natuurlik net die begin van die proses wat nodig is om dit te ontgin.
Mens moet op die regte plek, op die regte tyd en gereed wees om 'n nuwe geleentheid te gebruik. Eerstens moet mens egter die kans raaksien.
Met die lente kom baie nuwe dinge en dié wat kyk, sal sien. Of dit die waai van die wind, die gewuif van die lang gras langs die pad, die nuwe blomme wat hier en daar kop uitsteek, of die flapper van die opgewonde voëltjies se vlerke is, dit maak nie saak nie.
Wat saak maak is die mooiheid, die wonder en die ontsag te siene. Dit is in die bewondering van die skepping dat krag lê. Lentetyd is 'n skouspel van die krag van die natuur soos sy haar vaal wintergedaante afskud en met nuwe lewe die aarde weer mooi maak.
Kyk mooi en sien self. Vind die geleentheid en gryp dit met altwee hande vas. Blom self soos die pragbloeisels van die platteland. Hoekom dan nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie