Grunewald aan stuur van NRU-kantoor
Grunewald aan stuur van NRU-kantoor

Grunewald aan stuur van NRU-kantoor

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die Namibië Rugby-unie het mnr. Theo Grunewald as tussentydse hoof uitvoerende beampte aan die media voorgestel.
Grunewald (64) is op ’n kontrakgrondslag vir die volgende ses maande aangestel.
In plaaslike rugbykringe het hy min bekendstelling nodig. As losskakel en heelagter het hy in 1980 sy eerste provinsiale wedstryd vir die destydse Suidwes-Afrika gespeel.
Enkele dae ná die land se onafhanklikwording in 1990 is hy ook vir die geskiedkundige eerste Namibiese toets teen Zimbabwe in Windhoek gekies. Dit was sy enigste toetsverskyning, maar op 33-jarige leeftyd bly hy tot vandag die oudste speler wat Namibië as losskakel verteenwoordig het.
Gedurende die 1995 en 1996 rugbyseisoene het hy as die nasionale span hulpafrigter onder wyle mnr. Henning Snyman gedien.
Grunewald se destydse werkloopbaan by die ministerie van onderwys het in 1990 ’n wending geneem toe hy deur die ministerie van buitelandse sake gewerf is om as in die diplomatieke diens te tree.
Van toe af, tot met sy aftrede in 2018, was hy onder meer aan die land se ambassades in Swede, Indië, Rusland, China en Kaapstad verbonde. Selfs gedurende sy tye in die buiteland het hy nietemin in murg en been ’n ondersteuner van plaaslike rugby gebly.
“Ek glo dat my ondervinding tot voordeel van Namibiese rugby kan wees en ek is baie opgewonde oor wat voorlê. Daar is baie positiewe dinge van Namibiese rugby wat ons wil bemark.
“Vandat ek vroeër vandeesmaand by die NRU-kantoor aangesluit het, is ek baie beïndruk deur die dinamiese huidige administratiewe span.”
Grunewald neem oor by mnr. Mervin Green, die Suid-Afrikaner wat vanaf 2018 tot verlede jaar die uitvoerende hoof van die Namibiese Rugbymaatskappy en later die NRU was.
Die NRU se president, mnr. Corrie Mensah, sê die posisie is in die plaaslike pers en op sosiale media geadverteer.
“Ná evaluering van die kortlys van beste aansoeke en konsultasie met Wêreldrugby, is die tussentydse aanstelling van mnr. Grunewald goedgekeur.
“Hy is ’n gesoute en bekwame oudspeler, sportadminsitrateur en het goeie blootstelling in internasionale betrekkinge.
“Die raad wens hom geluk met sy aanstelling en het volle vertroue in sy vermoë om die NRU te lei om sy mandaat uit te voer om rugby in ons land te bestuur. Ons verseker hom van ons volle ondersteuning.”
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A