Grubotsing op pad tussen Otavi en Otjiwarongo
Grubotsing op pad tussen Otavi en Otjiwarongo

Grubotsing op pad tussen Otavi en Otjiwarongo

Jo-Mare Duddy Booysen
‘n 39-man is in ‘n bedenklike toestand ná die sedan wat hy bestuur het, teen die sleepwaentjie van ‘n vragmotor gebots het.
Die ongeluk het Maandagaand sowat 50 km van Otavi onderweg na Otjiwarongo gebeur.
Die beseerde, waarvan die identiteit nie bekend is nie, in Otjozondjupa-staatshospitaal, berig Nampa. Die bestuurder van die vragmotor het ongedeërd daarvan afgekom.

Kommentaar

Republikein 2025-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer