Grubotsing buite Windhoek eis  4 lewens
Grubotsing buite Windhoek eis 4 lewens

Grubotsing buite Windhoek eis 4 lewens

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Vier mense is dood en twee is ernstig beseer in ’n grubotsing omstreeks 11 uur vanoggend (Donderdag) sowat 25 km buite die hoofstad op die pad na Okahandja.
Die bestuurder van ’n Volkswagen Passat het na bewering ander voertuie verby gesteek, beheer oor sy voertuig verloor het en ’n aankomende Toyota Etios met vyf insittendes getref.
Die bestuurder en drie passasiers in die Etios is opslag dood. Een insittende het oorleef en is saam met die bestuurder van die Passat hospitaal toe geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer