Gru-botsing eis tien lewens

Die polisie soek die hulp van die publiek met die uitken van verbrande lyke.
Tanja Bause
Tanja Bause - Tien mense is Sondagaand tussen Okahandja en Karibib ná 'n gru-botsing tussen twee sedan­voertuie dood.

Nege mense het op die toneel gesterf terwyl nog een later in die hospitaal beswyk het.

Die ongeluk het Sondag om 19:20 sowat 20 km buite Okahandja­ op die Karibib-pad plaasgevind. Die voertuie was in 'n kop-teen-kop-botsing betrokke en beide het ná die botsing in vlamme uitgebars.

Volgens die Namibiese polisie se woordvoeder in die Otjozondjupa­streek, ao. Maureen Mbeha, was daar ses mense onder wie 'n baba in die Volkswagen Golf. In die GWM-voertuig­ was daar vier mense wat op die toneel doodgebrand het, terwyl 'n 20-jarige man in dieselfde voertuig net lig beseer is.

“Die voorlopige polisieondersoek dui daarop dat een van die voertuie 'n ander voertuig verbygesteek het toe die ongeluk gebeur het. Ons weet egter nie watter voertuig vanuit watter rigting gekom het nie,” het Mbeha gesê.

Volgens haar benodig die polisie die hulp van die publiek met die uitken van die liggame.

“Die liggame is onherkenbaar verbrand en ons benodig die hulp van familielede wie se geliefdes Sondag tussen Okahandja en Karibib op die pad was om na vore te kom sodat ons met forensiese identifikasie kan begin,” het sy gesê.

Familielede kan die polisielykshuis in Windhoek of vir ao. Shatipamba by 081 273 5188 kontak om 'n DNS-­monster te verskaf sodat die lyke geïdentifiseer kan word.

In 'n ander ongeluk die naweek is die bestuurder van 'n minibussie, mnr. Andreas Lukewa (38), Saterdag dood. Die ongeluk het om 06:48 op die hoek van Sam Nujoma- en Otjomuisestraat plaasgevind.

Volgens die polisie het 'n Mazda-­sedan by die verkeerslig gestaan en wag dat dit groen word.

“Die minibussie het oor die kruising gery en 'n Nissan Note-sedan het glo oor die rooi verkeerslig gery en die bussie teen die sy getref.

“Die bussie het omgeslaan en op die Mazda te lande gekom," lui die polisie­verslag.

Lukewa is op die toneel dood. Tien veiligheidswagte wat in die minibussie­ was, die bestuurder van die Nissan en sy passasier is met ­beserings in die hospitaal opgeneem.

Soos Republikein gister berig het, is daar in drie afsonderlike ongelukke agt mense oor die naweek dood.

Dit bring die getal sterftes vir die eerste naweek in die Kersseisoen op 19 te staan.

VERMEENDE DRONKBESTUUR

Saterdag om 03:12 het 'n man beheer oor sy voertuig verloor en teen die muur van 'n woonstelblok op Mariental gebots. Volgens die polisieverslag was die man onder die invloed van alkohol en is in hegtenis geneem.

Donderdag om 22:50 is twee mans, ook op Mariental, vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Die ongeluk het 10 kilometer buite Mariental gebeur.

"Een van die bestuurders het van agter af in die ander voertuig vasgery. Beide die bestuurders (55 en 53 jaar oud) was onder die invloed van drank en is op die toneel in hegtenis geneem."

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.75/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.75/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.50% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042