Gróót inkopiedag laat meer as $1 mjd. in 1 minuut inrol
Reuters – Die Chinese e-handelaar Alibaba het sy eie rekord oortref deur meer as $30 miljard se goedere in een dag te verkoop.
Trouens, meer as $1 miljard se produkte is in ’n enkele minuut verkoop.
Alibaba hou elke jaar op 11 November ’n massiewe uitverkoping wat die Chinese behoorlik op hol jaag.
Die maatskappy se verkope vir dié enkele dag beloop 80% van wat sy Amerikaanse teenstander Amazon in drie maande van die hand sit.
Dié dag, wat as Singles Day bekend staan, is al reeds ’n dekade ’n instelling in China en lok derduisende kopers.
Die uitverkoping het in 2018 die eerste keer die $30 miljard-kerf verbygesteek.
Hoewel die totale verkope vir 2019 nog nie verreken is nie, is dit reeds meer as in 2018.
Alibaba het Singles Day in die wêreld se grootste inkopiedag omskep.
Dit oorskadu sowel Swart Vrydag as Kuber Maandag, twee ander groot inkopiedae wat veral in Amerika groot aftrek kry.
Kuber Maandag het egter verlede jaar net $7,9 miljard laat inrol, vergelyke met die $30 miljard wat Alibaba op Singles Day gemaak het.
Ander ondernemings het ook begin om op 11 November spesiale pryse op goedere te bied, maar dit het nog nie buite China groot aftrek gekry nie.
Die Amerikaanse sangeres Taylor Swift het op vanjaar se Singles Day-fees vir Alibaba opgetree. Meer as $1 miljard se goedere is binne een minuut en agt sekondes verkoop.
Ná nege ure was $22,6 miljard se items reeds van die hand gesit.
Alibaba verwag dat meer as 500 miljoen mense aan vanjaar se uitverkoping gaan deelneem. – Reuters, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie