Groter wenkanse vir 2020
Vandag oor 'n week skop vanjaar se Superrugby-seisoen af.
MultiChoice Namibia (MCN) is vanjaar opnuut Republikein se medeborg in ons jaarlikse tellingraai-kompetisie waarin sowat N$40 000 se pryse weer op die spel is. Lesers kan reeds vanaf vandag deelneem (kyk hoe in die kassie bo).
In 2020 kan deelnemers elke naweek die eindtellings van enige, of al die wedstryde voorspel. Jy kan soveel keer raai as jy wil, maar geen raaiskote word ná die afskoptyd van 'n wedstryd aanvaar nie. Elke SMS kos N$3.
Alle opbetaalde DStv-intekenare kom voortaan in aanmerking vir MCN se pryse, nie net Premium-intekenare soos tevore nie. Jy kan dus enige pakket hê om DStv se kontantpryse en dekodeerders los te slaan.
Republikein se weeklikse prysgeld van N$500 kan deur enigiemand gewen word wie se raaiskoot naby genoeg aan in die kol is.
'n DStv-intekenaar wat deelneem en vir die hele duur van die Superrugby-reeks getrou sy/haar rekening betaal, kom in aanmerking vir die bonuskontantprys van N$10 000 aan die einde van die seisoen.
TWEE BOFFINS DEEL HUL WENKE
In vanoggend se uitsending van Kletskompas (10:00 op Republikein se Facebook-blad) gesels ons met twee gereelde deelnemers aan die kompetisie wat al verskeie kere aan die wenkant was.
Rod April, 'n Stormer in murg en been, en Ivan Coerecius, wat reken die Crusaders gaan dit hierdie jaar vier titels op 'n streep maak, vertel wat hulle van die seisoen verwag en deel wenke hoe om die beste raaiskote te bereken.
April speel vir die pret, maar neem ook die weer en spelers se huidige vorm in ag. Coerecius sê 'n mens moet 'n wedstryd vooraf visualiseer en uitwerk hoeveel punte 'n span kan aanteken. April reken die ontmoeting tussen die Jaguares en Leeus gaan die beste spel oplewer. Vir Coerecius is die wedstryd tussen die Stormers en Hurricanes 'n herlewing van die Wêreldbekerfinaal.
Leer ook wie die twee getroue lesers is en van waar hulle kom. Beide was kranige sportmanne en het agtergronde in die onderwys en wetenskap. Die gesprek word om 12:00 weer op Facebook geplaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie