Groter beloning vir Debmarine-uitblinkers
Mariental en Walvisbaai is die plekke waar die kwarteindronde se agt spanne bepaal sal word.
Gister se loting vir die ronde van 16 in die Debmarine Namibia bekerreeks het 'n paar ontmoetings bewerkstellig waarna sokkerkykers met afwagting kan uitsien.
Verhoogde prysgeld vir die topspanne is ook aangekondig, terwyl Mariental (skouterrein) en Walvisbaai (Kuisebmond-stadion) as die gasheervelde bevestig is waar die oorblywende 16 spanne mekaar op 17 Junie sal uitdun.
Die vier wedstryde op Walvisbaai is Try Again teen Eleven Arrows, Touch & Go teen Rundu Chiefs; Tura Magic teen Gendev FC en Unam teen Mighty Gunners.
Laasgenoemde is die enigste botsing waarin twee huidige premierliga-spanne teen mekaar geloot is.
Op Mariental speel Young African teen Life Fighters in 'n ontmoeting wat reeds as een van die grotes van dié ronde uitgewys word; Civics teen Young Beauties, Young Chiefs teen Bee Bob Brothers en Outjo Academy FC teen Eastern Chiefs.
Die presiese volgorde en afskoptye sal later bevestig word.
Die kompetisie se hoofborg Debmarine Namibia het ook 'n paar opwindende aansporings vir die oorblywende spanne aangekondig. In die ronde van 16 sal die spelers van die wedstryd elk met N$1 000 beloon word.
Vir die kwarteindstryde verhoog dié bedrag na N$1 500 en vir die semifinale N$2 000, voordat die topspeler in die finaal met N$5 000 sal wegstap.
Bykomend hiertoe sal die speler van die eindstryd 'n welsynsorganisasie van sy keuse kan aanwys wat dieselfde bedrag sal ontvang.
Die oorblywende 16 spanne sal nou ter voorbereiding op hul wedstryde N$20 000 ontvang – 'n verhoging in vergelyking met die aanvanklike N$18 000. Die bedrag bly dieselfde vir die halfeindronde, voordat die twee finaliste elk N$30 000 sal ontvang vir die aanloop na hul groot hoogtepunt op 25 November.
Prysgeld van 'n halfmiljoen Namibiese dollar wag op die land se uitklopkampioen wat daardie dag bekroon sal word, terwyl die verloorder in die eindstryd N$250 000 sal ontvang. Die verslae semifinaliste sal N$150 000 vir hul klub se bankrekening verdien.
By gister se aankondiging en loting het Debmarine Namibia se senior finansiële bestuurder mnr. Willy Mertens sy maatskappy se verbintenis tot sokker benadruk.
“Debmarine is bewus van die regering se pogings om maatskaplike uitdagings die hoof te bied.
“Hierdie borgskap is aanvullend tot daardie pogings om geleenthede vir jong Namibiërs te skep. Ondersteuning vir sokker is 'n sigbare illustrasie hoe ons drome van diamante in werklikheid omskep.” – NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie