Grootword is ’n klug
Iréne-Mari van der Walt
Ek is 19 jaar oud en is baie verlig om nog nie in die volwasse wêreld as ’n volwassene in eie reg gesien te word nie. Om jonk te wees is lekker!
Dit is lekker om hard te kan lag, en soms foute te maak waarvoor volwassenes jou vergewe. Net omdat jy nog jonk is. Dit is lekker om daardie vonk in jou oë te hê en die gevoel van jou hele toekoms wat voor jou lê, is opwindend.
Die grootste troos in my lewe is ek het nog tyd om my voete te vind en al my gedagtes en opinies in orde te kry. Dit, voor ek stokstyf staan en vir die tjokkers moet vertel dit is nie ’n goeie idee om roomys vir ontbyt te eet nie. As ’n aanhanger van mintroomys klink dit soos ’n uitstekende idee.
Verbeel jou nou hoe voel ek wanneer vandag se tieners my “tannie” noem. Asof tienerpuisies nie vars in my herinnering is nie, of toe ’n betroue bron my onlangs 24 jaar oud geskat het – ek het diep in my binneste begin snik, maar mag dit natuurlik nie in die professionele wêreld wys nie.
Ek moet erken ek vang myself soms met ’n “Iréne, moenie so preuts wees nie” en ek sukkel om “tipiese jongmensdinge” te geniet. Partytjies en shooters is nou nie heeltemal my ding nie, maar ek hou van lag en gesels en om saam met my vriendinne oor ’n glas wyn of twee te skinder.
Ek moes té vinnig grootword, maar ek het geen keuse gehad nie. Toe ek 15 jaar oud was, is my ma met kanker gediagnoseer en ek moes oornag harde lesse leer.
Ek moes vrede met die feit maak dat die lewe nie vir jou gaan wag nie. Ek moes leer ek kan nie alles beheer nie en daar is tye waar jou beste verweer is om maar net die lewe se harde houe te vat. Ek moes leer alles in die lewe kom tot ’n einde – jou onskuld en jeug ook – soms voor jy gereed is om afskeid daarvan te neem.
Ek het my ma op 17 finaal aan die dood afgestaan. Teen daardie tyd was ek reeds geestelik en verstandelik 21 jaar oud. Ek kon nie meer aan myself ontken dat ek té vinnig grootgeword het nie.
Die dag met my ma se diagnose het haar onkoloog my reeds gewaarsku my kinderdae was amptelik iets van die verlede en, so hardkoppig soos ek is, het ek vir jare daarteen probeer stry. Ek wou vir ewig jonk bly.
Een ding wat die lewe my geleer het, is dat grootword die grootste klug van die mensdom is. Tyd is ’n mensgemaakte konsep om ons lewens vir praktiese doeleindes te verdeel; selfs dit kan soms verwronge raak.
Skat my maar 24, ek slaap nogsteeds onder my donsige kombersie en hou daarvan as iemand my rug krap, net soos my ma altyd gedoen het. Ek spring rond en oorreageer en lag en huil soos ’n kind, want dit is wat my gelukkig maak – volwassenes is alewig hartseer.
Daar is ’n tyd en plek vir peinsende kyke en waaksame gedagtes, maar agter toe deure mag jy maar ’n bed vol teddiebere hê en opgewonde oor roomys raak, want om oud te word is die grootste klug wat hierdie mensdom jou ooit kan voer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie